Klein Karoo Klassique | 8-11 August 2013
Program Beskikbaar

Musiekprogram / Music programme 2013 (PDF) »

Nuus / News

Kom geniet Klein Karoo Klassique 2013

Mimi Coertse Galakonsert

Mimi Coertse Galakonsert

Die Klein Karoo in die hartjie van die winter, is verreweg die mees digterlike plek om ’n naweek van inspirerende klassiekemusiek te ervaar. Die Swartberge onder haar sneeukombers, die knetterende vure in Oudtshoorn se voorste restaurante en die immergroen landskap - is tipies aan hierdie klassieke fees wat aangevul word deur visuele kunsuitstallings en die beste kosse en wyne uit die distrik. ’n Fees wat voorwaar die liggaam, hart en siel voed. Vanjaar se vyfde Klein Karoo Klassique bied weereens intieme uitvoerings, wonderlike kamermusiek-, koor- en orkeskonserte en bied ’n platform vir menige Suid-Afrikaanse jonger klassieke musikante. Hoogtepunte van die instrumentele repertoire komplementeer die uitsonderlike aanbod van klassieke sang. Kom geniet saam met ons die verskeie ervaringe wat die program bied. Klik hier vir die musiekprogram.

Lees Meer … / Read More …

Klein Karoo Klassique 'n sukses

Klein Karoo Klassique
'n sukses

Klein Karoo Klassique
'n sukses

Die Klein Karoo Klassique musiekfees wat van 9 tot 12 Augustus op Oudtshoorn gehou is, word as 'n reuse-sukses beskryf.

Brett Pyper, Uitvoerende Hoof van Kuns Onbeperk, die maatskappy wat Klassique aanbied, sê vanjaar se fees het die een verbysterende, inspirerende en hartroerende musikale oomblik na die ander opgelewer. "Klein Karoo Klassique is inderdaad besig om dit self te vestig as 'n platform vanwaar die verskeidenheid in die klassieke genre ten toon gestel word," sê Pyper.

Lees Meer … / Read More …

Mimi Coertse word beskermvrou van Klein Karoo Klassique

Klein Karoo Klassique
Beskermvrou, Mimi
Coertse en ATKV
Muziqanto wenner,
Hlengiwe Mkhwanazi

Klein Karoo Klassique
Beskermvrou, Mimi
Coertse en ATKV
Muziqanto wenner,
Hlengiwe Mkhwanazi

Kuns Onbeperk, die maatskappy wat Klein Karoo Klassique en die Absa KKNK aanbied, het by die galakonsert wat 'n jaarlikse hoogtepunt van Klassique is, aangekondig dat die opera-legende, Mimi Coertse, ingestem het om 'n beskermvrou van dié klassieke musiekfees te word.

Klein Karoo Klassique word jaarliks in Augustus op Oudtshoorn aangebied en van die land se voorste jong musici tree hier op. Die Uitvoerende Hoof van Kuns Onbeperk, Brett Pyper, sê dit is 'n reuse voorreg om iemand van Coertze se statuur as beskermvrou van Klassique te hê. "Coertse is 'n internasionale ikoon en haar assosiasie met Klein Karoo Klassique kan net die profiel van die steeds groeiende fees verder verbeter. Sy het haar ook oor die jare beywer om jonger sangers van verskeie agtergronde te help om tot die verhoog toe te tree en sy deel ons visie van 'n klassieke musiekwêreld waarin almal kan uitblink. Ons kan haar nie genoeg bedank vir haar bereidwilligheid om saam met ons dié pad te stap nie," sê Pyper.

Lees Meer … / Read More …

A wide classical spectrum at Klein Karoo Klassique

Charl du Plessis Trio

Charl du Plessis Trio

This year's Klein Karoo Klassique covers a wide spectrum of classical music, with a symphonic opera gala programme, sacred choral works, highlights from the classical and romantic repertoire, but also contemporary, classically oriented shows for a crossover audience.

The formidable Charl du Plessis Trio with Du Plessis (piano), Werner Spies (bass) and Hugo Radyn (drums) will perform music from their second album, Shangai Brunch. They mix classical music with jazz in innovative and accessible ways. Tickets for the show on 9 August at the delightful Jamstreet venue cost R90.

Lees Meer … / Read More …

Klavier trekpleisters by Klein Karoo Klassique

Sulayman Human

Sulayman Human

Vier van die land se mees opwindende eksponente van die klavier skuif van 9 tot 12 Augustus tydens Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn voor dié gewilde snaarinstrument in.

Die gewilde TwoPianists, Luis Magalhães en Nina Schumann tree vanjaar vir die derde keer by Klein Karoo Klassique op, dié keer met ’n program van Brahms, Rachmaninoff, Arenski, Barber en Copland. Dié duo is in die American Record Guide (November-Desember 2010) in dieselfde asem genoem as die legendariese klavierduo’s van Ashkenazy-Previn en Argerich-Freire. TwoPianists tree op 9 en 10 Augustus op en teen net R80 per kaartjie, is dit ’n uitsonderlike geleentheid vir jonk en oud om die klavier opwindend en flambojant, maar ook sag en passievol te ervaar.

Lees Meer … / Read More …

ˆ  To Top ˆ

Copyright © 2013  ::  KLEIN KAROO KLASSIQUE  •  Site by:  WebWorX in Oudtshoorn