Klein Karoo Klassique | 13-16 August 2015

Nuus / News

NUWE AFSLAGPAKKETTE MAAK KLASSIQUE NÓG MEER BEKOSTIGBAAR

19 May 2015

Magdalene Minnaar

Magdalene Minnaar

“Twee nuwe afslagpakkette vir Klein Karoo Klassique, spesifiek gefokus op musiekliefhebbers wat die fees slegs oor die naweek kan bywoon, is beskikbaar gestel”, sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, die aanbieder van Klein Karoo Klassique.

Oudtshoorn se winterfees van klassieke musiek, kos, kuns en wyn word van Donderdag, 13 tot Sondag, 16 Augustus vir die sewende keer aangebied.

“Hierdie pakkette moedig diegene wat net oor die naweek die fees kan bywoon, aan om ook by ons aan te sluit. Die nuwe pakkette dra by tot ons doelwit om Klein Karoo Klassique bekostigbaar vir feesgangers te hou,” sê Snyman.

Lees Meer … / Read More …

SEWENDE KLASSIQUE BRING VOORSTE KLASSIEKE MUSICI NA OUDTSHOORN

12 May 2015

Eine Kleine Jazz Muziek

Eine Kleine Jazz Muziek

Klein Karoo Klassique, Oudtshoorn se fees van klassieke musiek, kos, kuns en wyn, bring van Donderdag, 13 tot Sondag, 16 Augustus vir die sewende keer top klassieke musici na dié Karoo-dorp. Op vanjaar se program is musiek vir elke klassieke smaak, deur internasionale en plaaslike kunstenaars en komponiste.

“Na verlede jaar se uiters suksesvolle fees en terugvoer van feesgangers, het ons besluit om van die gunstelinge op die program van verlede jaar, terug te bring in nuwe, opwindende kombinasies, waaronder die Charl du Plessis-trio, die vokale ensemble van die Kaapstad Operakoor en die US Simfonie-orkes”, sê Rhode´ Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, die aanbieder van Klein Karoo Klassique.

Lees Meer … / Read More …

ˆ  To Top ˆ
Copyright © 2015  ::  KLEIN KAROO KLASSIQUE  •  Site by:  WebWorX in Oudtshoorn