Onvergeetlike musikale Karoonag by Klassique

Dis hierdie week feestyd op Oudtshoorn – dié keer met klassieke musiek en ’n winter baadjie – wanneer die 14de Klein Karoo Klassique op Donderdag 3 Augustus begin. Gehore kan uitsien na van ons land se voorste klassieke musici, musiek- en boekgesprekke, kuns, kos en wyn met ’n feesprogram wat tot Sondag 6 Augustus vele […]

Die klawers dans binnekort by Klassique op Oudtshoorn

’n Diverse program van klaviermusiek wag oor net meer as ’n week op feesgangers by die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Van die mooiste melodieë in klavierliteratuur, virtuose stelle variasies uit die Barok, tot die tydlose skoonheid van musiek deur legendariese komponiste en unieke kombinasies. Dít alles wag van Donderdag 3 tot Sondag 6 […]

Leer meer oor skrywers en hul werk by Klassique se Boekstories

Moontlik gemaak deur NB Uitgewers • Made possible by NB Publishers ’n Boekstorie word elke dag om 12:30 in die Banketsaal aangebied, onder leiding van die boekjoernalis Elna van der Merwe. Hierdie en ander boeke is te koop in die Boekeparadys, waar jy kan kies tussen ’n reeks boeke en aandenkings, asook ’n paar winskopies. […]

Ervaar meer as klassieke musiek by Klassique

Feesgangers kan uitsien na ’n bekoring van die sintuie met meer as klassieke musiek by die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Vanjaar se feesprogram, aangebied in die Klein Karoo van Donderdag 3 tot Sondag 6 Augustus, vervleg ’n reeks ervarings met musiek deur van Suid-Afrika se voorste klassieke musici, wat nie net geleenthede bied […]

Klassique bring fenomenale soliste na Oudtshoorn

Twee wenners van 2023 Fleur du Cap-pryse, ’n Judith Neilson Jong Kunstenaar, veelbekroonde musici in beide internasionale en plaaslike kompetisies en ’n energieke operaprogram noukeurig saamgestel. Dít is wat die gehoor by die ATKV-Galakonsert met Kaapstad Opera op Saterdag 5 Augustus tydens die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn kan verwag. Vier Kaapstad Opera-soliste sorg […]

Program vir 14de Klassique bied klassieke verskeidenheid

Klassieke musiekliefhebbers kan gereedmaak vir ’n propvol program van klassieke musiek by die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Dié viering van klassieke musiek, kuns, kos en wyn, word van Donderdag 3 tot Sondag 6 Augustus in die Klein Karoo aangebied, met hope musiek deur ’n keur van Suid-Afrika se top klassieke musici. ’n Wye […]