Gesels saam met Charl du Plessis

Die immergewilde Steinway-pianis Charl du Plessis is vanjaar se gasheer by Klein Karoo Klassique. Sluit by hom aan wanneer hy in gesprek tree met kunstenaars na afloop van uitgesoekte uitvoerings.

Bespaar met die Klassique-pakket

Sien al tien uitvoerings by Klein Karoo Klassique 2024 met een bekostigbare kaartjiepakket, boonop teen ’n besparing van 25%.

Besonderse Galakonsert wag by Klassique

“Vanjaar se Klein Karoo Klassique Galakonsert is ’n pragtige en unieke program, wat ’n paar verrassings insluit en beslis nie misgeloop kan word nie.”

Klein Karoo Klassique 2023 bekoor

Klein Karoo Klassique 2023 was ’n reusesukses en het alle verwagtinge oortref. Vanjaar se feesprogram het optredes deur van die land se voorste klassieke musici ingesluit en was ’n uitsonderlike ervaring.

Onvergeetlike musikale Karoonag by Klassique

Dis hierdie week feestyd op Oudtshoorn – dié keer met klassieke musiek en ’n winter baadjie – wanneer die 14de Klein Karoo Klassique op Donderdag 3 Augustus begin. Gehore kan uitsien na van ons land se voorste klassieke musici, musiek- en boekgesprekke, kuns, kos en wyn met ’n feesprogram wat tot Sondag 6 Augustus vele […]

Die klawers dans binnekort by Klassique op Oudtshoorn

’n Diverse program van klaviermusiek wag oor net meer as ’n week op feesgangers by die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Van die mooiste melodieë in klavierliteratuur, virtuose stelle variasies uit die Barok, tot die tydlose skoonheid van musiek deur legendariese komponiste en unieke kombinasies. Dít alles wag van Donderdag 3 tot Sondag 6 […]

Leer meer oor skrywers en hul werk by Klassique se Boekstories

Moontlik gemaak deur NB Uitgewers • Made possible by NB Publishers ’n Boekstorie word elke dag om 12:30 in die Banketsaal aangebied, onder leiding van die boekjoernalis Elna van der Merwe. Hierdie en ander boeke is te koop in die Boekeparadys, waar jy kan kies tussen ’n reeks boeke en aandenkings, asook ’n paar winskopies. […]