Moontlik gemaak deur NB Uitgewers • Made possible by NB Publishers
’n Boekstorie word elke dag om 12:30 in die Banketsaal aangebied, onder leiding van die boekjoernalis Elna van der Merwe. Hierdie en ander boeke is te koop in die Boekeparadys, waar jy kan kies tussen ’n reeks boeke en aandenkings, asook ’n paar winskopies. Bywoning is gratis.
NOU IN INFRAROOI
Moontlik gemaak deur NB Uitgewers
Boekstorie met Tom Dreyer en Elna van der Merwe (gespreksleier)
Die belofte dat Tom Dreyer kan dig, kom van ver: Van sy verse is al in 1997 in Nuwe Stemme opgeneem. Daarna hou hy hom besig met romans waarvan die eerste een, Stinkafrikaners, in 2001 met die Eugène Marais-prys bekroon is. Uiteindelik is hy hier met Nou in infrarooi, ’n bundel met “lieflike taalgevoeligheid”, sê Louise Viljoen.
Fisika, die metafisiese, en soms selfs wetenskapfiksie word onder meer verweef in die bekroonde skrywer Tom Dreyer se debuutbundel, Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie. Die gedigte begin in die konkrete. Met fyn waarneming word bestaande plekke – sommige naby en ander ver – taktiel uitgebeeld. Dit is veral waar in die vele reisgedigte en natuurgedigte. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, en van die mens se nietigheid binne die onmeetbare ruimtelike bestel. Ook verlange, weemoed en liefde word in hierdie bundel verken. Die eerlike, ontroerende liefdesgedigte, ontdaan aan sentiment, tel onder die bundel se vele hoogtepunte. Dit is ’n poëtika gekenmerk deur die evokatiewe gebruik van klank, en die keuse van die presiese resonante woord. ’n Bundel waarmee Dreyer hom onomwonde as digter vestig.
Tom Dreyer se Stinkafrikaners (2000) is met die Eugène Maraisprys bekroon. Sy ander romans is Erdvarkfontein (1998), Equatoria (2006), Dorado (2016) en The Long Wave (2016). In 2022 verskyn Kodachrome, ’n bundel kort prosa. Van sy gedigte het in bloemlesings en joernale verskyn. In 2019 wen hy die AVBOB-digkunskompetisie in die Afrikaans-kategorie.
4 Augustus 12:30 • 45 min. • Gratis • Banqueting Hall
A SOFT LANDING
Made possible by NB Publishers
Book talk with Wisani Mushwana and Elna van der Merwe (facilitator)
Wisani Mushwana holds a master’s degree in creative writing and is a PhD student at UCT. His debut novel is hailed as “a powerful coming-of-age story about trauma, healing, family, and the courage to love and be loved”. Andzani searches for freedom in Cape Town, but his mother’s illness forces him to visit his hometown (and the past) again.
Andzani is an emotionally distant accountant on a Grindr binge, with an unresolved attachment to someone from his past. For him, home has always been a site of anxiety. Andzani’s community of Mbambamencisi becomes a shadow in his Cape Town life that holds him hostage to the violence he thought he could escape by leaving. An unexpected trip to his childhood community forces him to pay attention to long-repressed memories. A powerful coming-of-age story about a boy from rural Limpopo who must find ways to manage loss and to become fully himself as a gay man, A Soft Landing explores the implications of a past not decisively dealt with.
Wisani Mushwana is a writer and researcher. He holds a MA in Creative Writing (with distinction) from the University of Cape Town and is currently completing his PhD in English Studies at the same university. A Soft Landing is his first novel.
5 August 12:30 • 45 min • Free • Banqueting Hall
DEELFONTEIN
Moontlik gemaak deur NB Uitgewers
Boekstorie met Nicole Jaekel Strauss en Elna van der Merwe (gespreksleier)
In Maart 1900 reis die jong Engelse dokter Oliver Glenville na Deelfontein in die Karoo om by ’n Britse veldhospitaal vir offisiere aan te sluit. Wat aanvanklik na ’n eksotiese avontuur klink en ’n geleentheid om sy splinternuwe Brownie-kamera op die proef te stel, verander spoedig in ’n uitdaging van ’n ander aard. Die ellende van Britse soldate en Boerekrygers tref hom hard en die Britse owerhede se aggressiewe oorlogsbeleid maak hom toenemend ongemaklik. En daar is Klara Grootboom, ’n skoonmaker by die hospitaal, wat hom onkant vang met ’n ongewone versoek. Dit wat sy van hom vra, druis teen al sy persoonlike en professionele beginsels in, maar dis asof sy hom in ’n vangnet van haar eie het. Meer as ’n honderd jaar later skep ’n opkomende Kaapse kunstenaar ’n uitstalling uit Deelfontein se gegewens om sin te maak van haar herkoms en die rol wat kuns kan speel om die impak van magsmisbruik teen te werk. In die proses ontdek sy ’n onverwagse familieband …
Nicole Jaekel Strauss ontvang in 2009 haar MA in Kreatiewe Skryfwerk (cum laude). Haar debuut-kortverhaalbundel, Maal (2010), het die Eugène Maraisprys en die UJ-debuutprys gewen. Haar tweede bundel kortverhale, As in die mond (2017), is bekroon met die Jan Rabie/Rapportprys. In 2021 verskyn haar debuutroman, Om alleen te gaan. Sy woon in Kaapstad.
6 Augustus 12:30 • 45 min. • Gratis • Banketsaal