Klassique Galakonsert in foto’s

Honderde feesgangers in ’n stampvol Oudtshoorn Burgersentrum het die Klein Karoo-koue trotseer vir Klein Karoo Klassique se “Galakonsert”.
Facebook
Twitter
LinkedIn

Honderde feesgangers in ’n stampvol Oudtshoorn Burgersentrum het die Klein Karoo-koue trotseer vir Klein Karoo Klassique se “Galakonsert”.

Dit was die eerste keer in 13 jaar dat die Kaapstadse Filharmoniese Orkes weer in die streek optree en dié wêreldklas musici het gesorg vir ’n geesdriftige uitvoering.

Die program, met Richard Cock op die podium, het musiek bevat van Mozart en Mendelssohn – twee musikale wonderkinders – en pianis François du Toit het ’n meesterlike vertolking van Mozart se Klavierkonsert nr. 24 in C-mineur, K. 491, gelewer.

Die aand het op ’n letterlike hoë noot geëindig met Mendelssohn se geliefde “Italiaanse” Simfonie, ’n luisterryke begin vir wat beloof om ’n besonderse fees te wees.

Photos taken by Hans van der Veen