{"id":1143,"date":"2023-08-03T05:50:14","date_gmt":"2023-08-03T05:50:14","guid":{"rendered":"https:\/\/klassique.co.za\/?p=1143"},"modified":"2026-06-03T11:32:58","modified_gmt":"2026-06-03T09:32:58","slug":"onvergeetlike-musikale-karoonag-by-klassique","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/nuus\/onvergeetlike-musikale-karoonag-by-klassique\/","title":{"rendered":"Onvergeetlike musikale Karoonag by Klassique"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis hierdie week feestyd op Oudtshoorn \u2013 di\u00e9 keer met klassieke musiek en \u2019n winter baadjie \u2013 wanneer die 14de <strong>Klein Karoo Klassique<\/strong> op <strong>Donderdag 3 Augustus<\/strong> begin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gehore kan uitsien na van ons land se voorste klassieke musici, musiek- en boekgesprekke, kuns, kos en wyn met \u2019n feesprogram wat tot <strong>Sondag 6 Augustus<\/strong> vele geleenthede bied om saam te kuier in die pragtige Klein Karoo.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een musikale hoogtepunt wat \u2019n onvergeetlike aand van musiek beloof, is <strong><em>\u2019n Karoonag met die Suid-Kaap Kinderkoor en vriende<\/em><\/strong> (Vrydag 4 Augustus 19:00). Di\u00e9 multi-bekroonde streekskoor, onder leiding van Jan-Erik Swart, is te sien saam met Suid-Afrikaanse musieklegende <strong>Coenie de Villiers<\/strong> en twee soprane van Kaapstad Opera, <strong>Brittany Smith<\/strong> as well as <strong>Alida Scheepers<\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">De Villiers s\u00ea dit is altyd vir hom heerlik om saam met \u2019n koor op te tree, veral \u2019n koor van jonger stemme. \u201cKoormusiek is die plek waar jongmense dikwels hulle lewenslange reis met musiek begin. Vir my as solis is daar niks lekkerder as om die groot klank van \u2019n koor \u00f3m jou te hoor nie, veral as dit musiek is wat uit jou eie pen kom.\u201d Hy sing \u201cKatedraal\u201d en \u201cKaroonag\u201d saam met die koor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir hom is di\u00e9 uitvoering \u2019n moet-sien vir feesgangers omdat dit musiek deur \u2019n wonderlike koor, \u2019n toeganklike program en \u2019n kans om uithaler soliste van Kaapstad Opera in die hartjie van die Klein Karoo te hoor bied. \u201cD\u00edt alles maak hierdie uitvoering die voor-die-hand-liggende keuse op die program.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">De Villiers is van die begin van die fees op Oudtshoorn, waar hy Vrydag en Saterdagoggend gesprekke met kunstenaars oor die werk wat uitgevoer word fasiliteer. \u201cDit is vir my heerlik om so \u2019n spektrum van klassieke musikante uit die boonste rak saam op een plek te kan beleef. Daar is nie \u2019n slegte keuse in die uiteenlopende program nie. Ek dink die uitdaging gaan wees om by alles te kan uitkom\u201d, skerts hy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie uitvoering word moontlik gemaak deur die ATKV, wat reeds sedert 2010 by Klein Karoo Klassique betrokke is. Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof van kultuur by die ATKV, s\u00ea <em>\u2019n Karoonag met die Suid-Kaap Kinderkoor en vriende<\/em> is beslis \u2019n moet sien op die program. \u201cJongmense en koorsang l\u00ea my baie na aan die hart.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/n-Karoonag-2-1-1024x576.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1076\" style=\"width:1183px;height:665px\" width=\"1183\" height=\"665\" srcset=\"https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/n-Karoonag-2-1-1024x576.jpg 1024w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/n-Karoonag-2-1-300x169.jpg 300w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/n-Karoonag-2-1-768x432.jpg 768w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/n-Karoonag-2-1.jpg 1366w\" sizes=\"(max-width: 1183px) 100vw, 1183px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kaapstad Opera-sopraan Brittany Smith is vroe\u00ebr vanjaar by die 58ste Fleur du Cap-pryse bekroon met beste vroulike optrede in \u2019n opera, vir haar rol in Kaapstad Opera se <em>Le Nozze di Figaro<\/em>. Sy het self koor gesing en s\u00ea Klassique is \u2019n waardevolle platform vir die Suid-Kaap Kinderkoor se jong stemme, omdat dit \u2019n wonderlike manier vir kinders is om optredes in die teater te ervaar, waaraan hulle nie noodwendig eers blootgestel is in groot stede soos Kaapstad, Johannesburg, Durban of selfs oorsee nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cKlassique bied \u2019n platform en geleentheid aan hierdie jong stemme om te sien of hulle werklik iets soos hierdie wil doen vir \u2019n lewe en dat hulle dit kan laat gebeur as hulle hulle daarvoor beywer.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar raad vir jong, aspirant opera of ander sangers met \u2019n droom om eendag op verho\u00eb regoor die w\u00eareld op te tree? \u201cWees gedissiplineerd in jou kunsvlyt. Werk hard en met deursettingsvermo\u00eb, maar h\u00ea respek vir jouself en vir jou kuns.\u201d Smith sing Mozart se \u201cLaudate Dominum\u201d saam met die koor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sopraan Alida Scheepers is die 2023 Jong Kunstenaar van Kaapstad Opera se Judith Neilson-program. Sy s\u00ea die blootstelling wat Klassique aan di\u00e9 koorlede bied is uiters waardevol. \u201cBlootstelling aan professionele sangers en verskillende tipes musiek uit ons gevarieerde program, om met musiek te werk, dit te leer, te memoriseer en te sing ontwikkel jou geweldig baie. Dit is inspirerend vir die kinders.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Scheepers s\u00ea egter dit is nie net vir die jongmense inspirerend nie, maar vir haar en Smith ook, omdat hulle die volgende generasie van sangers, musiekliefhebbers en gehore sien. Haar raad vir aspirant sangers: \u201cVertel altyd \u2019n storie wanneer jy iets opvoer. Dis waarom jy dit doen. Droom groot en werk baie hard, maar moet nooit vergeet jy vertel \u2019n storie nie.\u201d Scheepers sing Le Roux Marais se \u201cHeimwee\u201d saam met die koor.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/n-Karoonag_comb-1024x512.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1145\" style=\"width:1182px;height:591px\" width=\"1182\" height=\"591\" srcset=\"https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/n-Karoonag_comb-1024x512.jpg 1024w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/n-Karoonag_comb-300x150.jpg 300w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/n-Karoonag_comb-768x384.jpg 768w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/n-Karoonag_comb-1536x768.jpg 1536w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/n-Karoonag_comb-2048x1024.jpg 2048w\" sizes=\"(max-width: 1182px) 100vw, 1182px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Smith en Scheepers is ook Saterdag 5 Augustus om 19:00 op die verhoog vir die <strong><em>ATKV-Galakonsert met Kaapstad Opera<\/em><\/strong> vir \u2019n program van tydlose hoogtepunte uit die mees beroemde operas en musiekblyspele.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jan-Erik Swart, dirigent van die Suid-Kaap Kinderkoor, s\u00ea uitvoerings soos hierdie verseker dat koorlede baie hard werk om \u2019n internasionale standaard te bereik. \u201cDie samewerking tussen hierdie musici en die kinders skep ook nuwe rolmodelle vir die kinders, wat uit hul eie geledere droom om operasangers en opgeleide kunstenaars te word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie Suid-Kaap Kinderkoor bestaan uit lede vanuit Oudtshoorn, George, Mosselbaai, Knysna, Stilbaai en Ladismith. Di\u00e9 jong sangers bied \u2019n energieke en passievolle musikale klankervaring, wat uniek aan die koor se musikale identiteit is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Klein Karoo Klassique word aangebied deur die KKNK, moontlik gemaak deur die Rupert-Musiekstigting en die ATKV, met addisionele ondersteuning van Le Lude, Rosenhof Country House en die Oudtshoorn-munisipaliteit. Die fees se verblyfborge is Hlangana Lodge, Kleinplaas Holiday Resort, Protea Hotel Riempie Estate, Queen\u2019s Hotel by Bon Hotels, Ravenscliff Manor, Turnberry Boutique Hotel en Wildehondekloof Game Reserve. Die volledige feesprogram is beskikbaar by klassique.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets, Pick n Pay, of die KKNK-kantoor. Kaartjies word ook voor elke optrede by die deur verkoop, onderhewig aan beskikbaarheid. \u2019n Eksklusiewe <strong>Klassique Package<\/strong> bied toegang tot nege uitvoerings <strong>teen \u2019n totale besparing van 30%<\/strong>. Vir verblyfopsies in en om Oudtshoorn kan feesgangers ook Klassique se verblyfvennoot LekkeSlaap besoek.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis hierdie week feestyd op Oudtshoorn \u2013 di\u00e9 keer met klassieke musiek en \u2019n winter baadjie \u2013 wanneer die 14de Klein Karoo Klassique op Donderdag 3 Augustus begin. Gehore kan uitsien na van ons land se voorste klassieke musici, musiek- en boekgesprekke, kuns, kos en wyn met \u2019n feesprogram wat tot Sondag 6 Augustus vele [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":1076,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-1143","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1143","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1143"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1143\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1509,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1143\/revisions\/1509"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1076"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1143"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1143"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1143"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}