{"id":4033,"date":"2025-07-29T13:21:28","date_gmt":"2025-07-29T11:21:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.klassique.co.za\/?p=4033"},"modified":"2026-06-03T11:32:34","modified_gmt":"2026-06-03T09:32:34","slug":"klein-karoo-klassique-galakonsert-beloof-musikale-bekoring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/nuus\/klein-karoo-klassique-galakonsert-beloof-musikale-bekoring\/","title":{"rendered":"Klein Karoo Klassique Galakonsert beloof musikale bekoring"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Maestro Richard Cock en die Kaapstadse Feesorkes is terug op die verhoog by Klein Karoo Klassique.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die immergewilde Charl du Plessis Trio en opkomende operaster Nonhlanhla Yende sluit by hulle aan vir die <strong><em>Klein Karoo Klassique Gala Concert<\/em><\/strong>, moontlik gemaak deur Le Lude, op Saterdag 9 Augustus om 19:30. Hierdie konsert was \u2019n besonderse optrede op die program verlede jaar, wat \u2019n ongelooflike feesdebuut vir die Kaapstadse Feesorkes, onder leiding van Cock, ingesluit het. Volgens hom, kan die gehoor \u201cvanjaar n\u00f3g \u2019n uithalerkonsert verwag\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns het \u2019n program saamgestel met Charl en sy Trio saam met \u2019n orkes, wat sy besonderse verwerkings van klassieke musiek insluit, asook bietjie boogie, vermeng met Bach, Vivaldi, Mozart en Beethoven \u2013 en \u2019n wonderlik operasangeres wat haar feesdebuut maak, Nonhlanhla Yende, en musiek sing van Mozart, Saint-Sa\u00ebns en Bizet,\u201d s\u00ea Cock.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die program vir die <em>Gala Concert<\/em> sluit Beethoven se <em>Moonlight Sonata<\/em>, in \u2019n splinternuwe verwerking vir orkes, opera-arias van Mozart, en musiek van Vivaldi, Bach en Beethoven in. Du Plessis se kenmerkende verwerkings van geliefde klassieke werke, onder Cock se leiding, beloof \u2019n aand van uitstaande musikale genot.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Cock s\u00ea hy en Du Plessis het \u2019n sterk samewerkingsverhouding en, omdat beide van hulle verlede jaar op die verhoog by Klassique was en in gesprek met feesgangers getree het, hulle sodoende \u2019n goeie begrip het vir wat die gehoor waardeer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit is altyd lekker wanneer \u2019n gehoor positief op \u2019n konsert reageer. Ons voel hulle energie aan op die verhoog en weet gou wanneer ons in die kol is met die musiek \u2013 reeds vanaf die eerste note wat gespeel word en ons die gehoor aangegryp. Hulle is daar om die optrede te geniet en ons neem hulle saam met ons op \u2019n ongelooflike reis. Die Kaapstadse Feesorkes verseker \u2019n ryk agtergrond en die orkes voeg kleur tot die aand by.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"2400\" height=\"1600\" src=\"https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Mezzo-sopraan-Nonhlanhla-Yende-by-Klein-Karoo-Klassique-.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-4034\" srcset=\"https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Mezzo-sopraan-Nonhlanhla-Yende-by-Klein-Karoo-Klassique-.jpg 2400w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Mezzo-sopraan-Nonhlanhla-Yende-by-Klein-Karoo-Klassique--300x200.jpg 300w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Mezzo-sopraan-Nonhlanhla-Yende-by-Klein-Karoo-Klassique--1024x683.jpg 1024w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Mezzo-sopraan-Nonhlanhla-Yende-by-Klein-Karoo-Klassique--768x512.jpg 768w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Mezzo-sopraan-Nonhlanhla-Yende-by-Klein-Karoo-Klassique--1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Mezzo-sopraan-Nonhlanhla-Yende-by-Klein-Karoo-Klassique--2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Mezzo-sopraan-Nonhlanhla-Yende-by-Klein-Karoo-Klassique--18x12.jpg 18w\" sizes=\"(max-width: 2400px) 100vw, 2400px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Maestro Richard Cock en opkomende operaster Nonhlanhla Yende deel vanjaar die verhoog met die Kaapstadse Feesorkes en die Charl du Plessis vir die <em>Klein Karoo Klassique Gala Concert<\/em>.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mezzo-sopraan Yende s\u00ea sy is opgewonde om vir die eerste keer by Klassique op te tree, aangesien dit aan haar \u2019n geleentheid bied om \u2019n nuwe gehoor te bereik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDis altyd opwindend, want dit beteken dat ek nuwe, betekenisvolle verbintenisse kan vorm. Ek wou nog altyd saam met maestro Richard Cock werk \u2013 ek het al gesien hoe hy wonderlike platforms skep vir beide opkomende en gevestigde kunstenaars, daarom wou ek nog altyd onder sy leiding optree.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar repertorium vir die <em>Gala Concert <\/em>is sorgvuldig gekies om kontras en karakter te bied \u2013 met drie sterk vroue, perfek geskik vir \u2019n konsert op Vrouedag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Dorabella\u2019s Aria<\/em> van <em>Cos\u00ec fan tutte<\/em> deur Mozart is een van my gunstelinge. Dit het \u2019n byt, adrenalien, is aangrypend en het die vurigheid van jong liefde, maar ook woede en vrees \u2013 alles in een. Dit was een van die eerste rolle wat ek opgevoer het, so dit is vir my \u2019n nostalgiese herinnering.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Habanera<\/em> uit <em>Carmen<\/em> deur Bizet is vryerig en uitdrukkingsvol. Carmen is \u2019n vrou wat weet wat sy wil h\u00ea en nie bang is om dit na te streef nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Mon coeur s\u2019ouvre \u00e0 ta voix<\/em> van <em>Samson et Dalila<\/em> deur Saint-Sa\u00ebns is ook een van my gunstelinge. Ek is gaande oor die wyse waarop dit gekomponeer is en die emosies wat dit ontlok. Om in Frans te sing laat my toe om my artistieke vermo\u00ebns en grense as \u2019n mezzo-sopraan te verbreed en om lang, pragtige frases te sing.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Beide Cock en Yende geniet dit om in \u2019n intieme omgewing, soos Klein Karoo Klassique, op te tree.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit is wonderlik om naby genoeg aan die gehoor te wees om hulle reaksies as maatstaf te gebruik. Dit kan baie persoonlik en intiem wees,\u201d s\u00ea Cock.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Yende stem saam: \u201cDaar is iets besonders daaraan om in \u2019n intieme ruimte op te tree \u2013 jy kan werklik met elke persoon in die vertrek \u2019n verbintenis voel. Jy voel nie net die energie nie, maar ook die uitruiling tussen kunstenaar en gehoor.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alhoewel dit vervullend is om internasionaal op te tree, s\u00ea Yende dat dit vir haar \u2019n diep betekenis het om tuis in Suid-Afrika op te tree.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOm op eie bodem op te tree is vir my baie spesiaal. Dit voel altyd vir my asof my beker weer volgemaak word. Dit hou my nederig, bied nuwe krag en bemagtig my weer. Ek is mal daaroor om in Suid-Afrika op te tree, veral vir my eie gemeenskap \u2013 dit l\u00ea my na aan die hart.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Cock sluit af met \u2019n herbevestiging van sy musikale visie. \u201cMy doel in Suid-Afrika is om musiek toeganklik te maak. Beide Charl en ek is gaande daaroor om mense op \u2019n musikale reis te neem \u2013 een wat prettig, stylvol en vol nuwe musikale ontdekking is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kaartjies vir Klein Karoo Klassique is aanlyn beskikbaar, of by die KKNK se kantoor. Beskikbare kaartjies is ook te koop by die deur voor elke vertoning.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Klein Karoo Klassique is presented by the KKNK, made possible by the Rupert Music Foundation and the ATKV, with the support from Le Lude and the Oudtshoorn Municipality.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><a>Di\u00e9 winterfees se verblyfborge is <\/a>Argyll B&amp;B, Beit Shalom Guesthouse, Cul De Sac Country House, De Zeekoe Guest Farm, Hlangana Lodge, Kleinplaas Holiday Resort, Mooiplaas Country Guest House, Queen\u2019s Hotel, Protea Hotel Riempie Estate, Ravenscliff Manor, and Rosenhof Country House.. Vir meer inligting, besoek klassique.co.za of kontak die KKNK-kantoor per e-pos by <a href=\"mailto:info@kunste.org.za\">info@kunste.org.za<\/a>, phone 044 203 8600 or send a WhatsApp to 065 285 2337.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Maestro Richard Cock en die Kaapstadse Feesorkes is terug op die verhoog by Klein Karoo Klassique. Foto: Hans van der Veen<\/p>","protected":false},"author":4,"featured_media":4035,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-4033","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4033","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4033"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4033\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4053,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4033\/revisions\/4053"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4035"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4033"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4033"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4033"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}