{"id":5573,"date":"2026-08-04T14:15:38","date_gmt":"2026-08-04T12:15:38","guid":{"rendered":"https:\/\/www.klassique.co.za\/?p=5573"},"modified":"2026-08-04T14:37:33","modified_gmt":"2026-08-04T12:37:33","slug":"iets-vir-almal-by-klein-karoo-klassique-die-naweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/nuus\/iets-vir-almal-by-klein-karoo-klassique-die-naweek\/","title":{"rendered":"Iets vir almal by Klein Karoo Klassique die naweek"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">S\u00f3 s\u00ea Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van di\u00e9 fees van klassieke musiek, literatuur, kuns, kos en wyn, wat van Vrydag 7 tot Sondag 9 Augustus vir die 17de keer in die Klein Karoo aangebied word.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Theart s\u00ea Klassique is een van sy gunsteling-geleenthede van die jaar. \u201cDie intimiteit van die fees en die warmte daarvan om tyd saam met jarelange feesgangers te spandeer \u00e9n nuwe gehore te ontmoet, is \u2019n lekkerte. Voeg daarby die wonderlike musici, sangers en ander deelnemers wat met soveel passie en entoesiasme hul vakmanskap en liefde vir klassieke musiek met gehore deel vir die perfekte winterfees.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die feesprogram sluit vele hoogtepunte in, waaronder die terugkeer na Oudtshoorn van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) in die <em>Klassique Gala Concert<\/em> (Vrydag 7 Augustus 19:00), \u2019n huldigingskonsert aan Mimi Coertse met soliste van Kaapstad Opera in <em>Heimwee<\/em> (Saterdag 8 Augustus 19:00), \u2019n eerste optrede by die fees deur die Universiteitskoor Stellenbosch (Sondag 9 Augustus 19:00), \u2019n w\u00eareldpremi\u00e8re van \u2019n werk deur Shane Woodborne in <em>Cellissimo<\/em> (Sondag 9 Augustus 14:00), Antjie Krog vir die eerste keer in gesprek oor haar vertaling van Olive Schreiner se <em>From Man to Man <\/em>(Saterdag 8 Augustus 12:00), asook gratis ontbytkonserte deur Oudtshoorn-pianis John Theodore (8 Augustus 08:00) en Steinway-kunstenaar Charl du Plessis (9 Augustus 08:00).&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof van kultuur by die ATKV, s\u00ea Klein Karoo Klassique bied die ideale platform vir die ATKV om sy missie \u2013 om proaktief en op \u2019n volhoubare wyse om te sien na die diverse kunsbehoeftes van die Suid-Afrikaanse gemeenskap \u2013 uit te leef. \u201cKlein Karoo Klassique gaan oor veel meer as klassieke musiek en bied aan feesgangers \u2019n unieke bymekaarkomplek in die Klein Karoo, met \u2019n onvergeetlike kultuurervaring wat ook visuele kuns, letterkunde en kos- en wynervarings insluit.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie ATKV sien veral uit na die gewigtige klassieke musiekaanbod \u2013 \u2019n program wat \u2019n w\u00eareldpremi\u00e8re \u00e9n klassieke gunstelinge insluit. Hierdie uiteenlopende program bied werklik iets vir elke belangstellende \u2013 van asemrowende musiekuitvoerings tot inspirerende musiek- en boekgesprekke, asook praktiese werksessies. S\u00f3 ook word die fees die ideale platform vir opleiding en ontwikkeling\u201d, sluit Lemmer af.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Geleenthede vir opleiding en ontwikkeling by die fees, sluit in <em>Inleiding tot die orkes<\/em> (Vrydag 7 Augustus 10:00) waar leerders uit die Klein Karoo die geleentheid kry om onder leiding van Richard Cock en lede van die KFO, meer oor die orkes en orkesmusiek te leer. Tydens hierdie interaktiewe sessie word leerders op \u2019n musikale reis deur die orkes se verskillende groepe geneem, waar elke instrumentfamilie se eie karakter en stem wat dit tot die geheel bydra, ontdek word. Di\u00e9 sessie word ondersteun deur die ATKV en Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Anina Lundie, senior kurrikulumbeplanner: skeppende kunste by die WKOD, s\u00ea feeste soos Klein Karoo Klassique gee lewe aan die skoolkurrikulum in \u2019n werklike, professionele omgewing. \u201cDit verbind leerders in praktyk tot kunstenaars, kunste-administrateurs, tegnici en feesorganiseerders \u2013 wat aan hulle wys dit is lewensvatbaar en opwindend om \u2019n loopbaan in die kunste te h\u00ea. Deur ons <em>Growth for Jobs<\/em>-program neem ons hierdie verbintenis \u2019n tree verder, wat uiteindelik die leerders se ervaring by die fees met loopbaanontwikkeling en ekonomiese deelname verbind.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Inleiding tot die orkes<\/em> maak wat leerders in die klaskamers leer \u2019n werklikheid. Dit is baie leerders se eerste keer wat hulle \u2019n orkes in lewende lywe sien. Daardie oomblik wanneer hulle iets herken wat hulle in die klaskamer geleer het, is uiters kragtig,\u201d sluit Lundie af.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Spesiale werksessie vir koorleiers uit die Klein Karoo en Tuinroete, word Maandag (10 Augustus 08:30) deur die bekroonde Andr\u00e9 van der Merwe, koorleier van die Universiteitskoor Stellenbosch aangebied. Dit is \u2019n unieke aanbieding, ondersteun deur die ATKV, wat \u2019n geleentheid aan koorleiers van gemeenskapskore, skoolkore en kleiner ensembles bied om nuwe idees, praktiese vaardighede en vars inspirasie te ontdek, ondersteuning aan koorleiers te bied en hul verder toe te rus.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verskeie ander kamermusiek uitvoerings, twee laataandkonserte, musiek- en boekgesprekke word ook tydens die fees aangebied. Feesgangers kry \u2019n geleentheid om die uniekheid en smake van die Klein Karoo te ervaar tydens \u2019n Historiese wandeltoer (8 en 9 Augustus), \u2019n olyfolie toer en proe (daagliks) en \u2019n tee-en-smaak-ervaring (daagliks). <em>Die Wynmeester<\/em> kuier vir die eerste keer by Klassique en bied wynproe\u00eb deur drie wynmakers, met \u2019n bypassende happie, aan.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kaartjies is aanlyn beskikbaar by klassique.co.za, by die KKNK-kantoor of by die deur voor vertonings, afhangend van beskikbaarheid.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Klein Karoo Klassique is presented by the KKNK, made possible by the Rupert Music Foundation and the ATKV, with support from Le Lude, RSG, Oudtshoorn Courant and the Oudtshoorn Municipality.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">The accommodation sponsors for this winter festival include Argyll B&amp;B, Beit Shalom, Cul de Sac, De Zeekoe, El Dorado Hotel &amp; Self Catering, Kleinplaas Holiday Resort, Miles B&amp;B Guesthouse, Oudtshoorn Inn, Pictures Boutique Hotel, Protea Hotel Riempie Estate, Queen\u2019s Hotel, Ravenscliff Manor, Rosenhof Country House and Thylitshia Villa.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">For more information or tickets, visit klassique.co.za or contact the office of the KKNK via email at <a href=\"mailto:info@kunste.org.za\">info@kunste.org.za<\/a>, phone 044 203 8600 or send a WhatsApp to 065 285 2337.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Photos:<\/strong> Die 17de Klein Karoo Klassique word hierdie naweek op Oudtshoorn aangebied. \u00a9 Hans van der Veen<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Klassique-2026-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-1024x683.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-5575\" srcset=\"https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Klassique-2026-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Klassique-2026-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-300x200.jpg 300w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Klassique-2026-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-768x512.jpg 768w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Klassique-2026-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Klassique-2026-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Klassique-2026-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-18x12.jpg 18w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cOns sien geweldig uit daarna om feesgangers hierdie naweek by Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn te verwelkom.\u201d<\/p>","protected":false},"author":4,"featured_media":5574,"comment_status":"closed","ping_status":"","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-5573","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5573","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5573"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5573\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5579,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5573\/revisions\/5579"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5574"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5573"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5573"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5573"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}