{"id":805,"date":"2023-07-11T05:56:28","date_gmt":"2023-07-11T05:56:28","guid":{"rendered":"https:\/\/klassique.co.za\/?p=805"},"modified":"2026-06-03T11:32:58","modified_gmt":"2026-06-03T09:32:58","slug":"klassique-brings-phenomenal-soloists-to-oudtshoorn-copy","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/nuus\/klassique-brings-phenomenal-soloists-to-oudtshoorn-copy\/","title":{"rendered":"Klassique bring fenomenale soliste na Oudtshoorn"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Twee wenners van 2023 Fleur du Cap-pryse, \u2019n Judith Neilson Jong Kunstenaar, veelbekroonde musici in beide internasionale en plaaslike kompetisies en \u2019n energieke operaprogram noukeurig saamgestel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-black-color has-text-color wp-block-paragraph\">D\u00edt is wat die gehoor by die <strong><em>ATKV-Galakonsert met Kaapstad Opera<\/em><\/strong> op Saterdag 5 Augustus tydens die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn kan verwag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vier Kaapstad Opera-soliste sorg vir \u2019n onvergeetlike hoogtepunt by di\u00e9 klassieke musiekfees. Soprane <strong>Brittany Smith<\/strong> as well as <strong>Alida Scheepers<\/strong> deel die verhoog met tenoor <strong>Lukhanyo Moyake<\/strong> en bariton <strong>Conroy Scott<\/strong>, begelei deur <strong>Jos\u00e9 Dias<\/strong> op klavier.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"680\" src=\"https:\/\/klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/ATKV-Galakonsert-Lukhanyo-Moyake-1024x680.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-802\" srcset=\"https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/ATKV-Galakonsert-Lukhanyo-Moyake-1024x680.jpg 1024w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/ATKV-Galakonsert-Lukhanyo-Moyake-300x199.jpg 300w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/ATKV-Galakonsert-Lukhanyo-Moyake-768x510.jpg 768w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/ATKV-Galakonsert-Lukhanyo-Moyake.jpg 1463w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Smith en Scott is in 2023 bekroon met die Fleur du Cap-pryse vir beste vroulike en manlike optredes in \u2019n opera, vir hul vertolkings in Kaapstad Opera se Le Nozze di Figaro. Vir Smith was di\u00e9 prys onverwags. \u201cDit het eers omtrent \u2019n week en \u2019n half later vir my \u2019n realiteit geword. Die Fleur du Cap is erkenning vir my harde werk en streng werksetiek. Dit is die eerste tree na hopelik nog vele teaterpryse.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir Scott is di\u00e9 prys bevestiging van die loopbaan wat hy as musikant en veral operasanger gekies het. \u201cDie ontvang van hierdie prys versterk my begeerte om beter te doen. Dit is een van my hoogtepunte as operasanger, as musikant en hopelik lei dit tot n\u00f3g groter geleenthede, beide vir my as individu, maar ook vir die operageselskap in geheel,\u201d s\u00ea Scott.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Scott was in 2021 by Klassique in die opera La Boh\u00e8me te sien en s\u00ea hy sien daarna uit om vir die ATKV-Galakonsert voor \u2019n Klein Karoo-gehoor op te tree sonder enige Covid-19-beperkings. \u201cEk sien veral daarna uit om weer die reaksie van gehore op hulle gesigte te sien. Om daardie konneksie met die gehoor te h\u00ea is iets wat ons werklik tydens Covid-19 en al die beperkings gemis het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Moyake was saam met Scott op die verhoog in La Boh\u00e8me en is opgewonde om voor \u2019n groot gehoor in Oudtshoorn op te tree. \u201cFeesgangers gaan bekoor word deur die goeie musiek, van opera tot musiekblyspele en opwindende duette.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"720\" src=\"https:\/\/klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/ATKV-Galakonsert-Alida-Scheepers-1024x720.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-803\" srcset=\"https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/ATKV-Galakonsert-Alida-Scheepers-1024x720.jpg 1024w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/ATKV-Galakonsert-Alida-Scheepers-300x211.jpg 300w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/ATKV-Galakonsert-Alida-Scheepers-768x540.jpg 768w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/ATKV-Galakonsert-Alida-Scheepers.jpg 1376w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Magdalene Minnaar, artistieke direkteur van Kaapstad Opera, s\u00ea hulle het spesiaal vir Klein Karoo Klassique hoogtepunte uit opera-arias en musiekblyspele van twee groter programme wat hulle vanjaar aanbied, bymekaargesit. \u201cDit bied vir operakenners iets nuuts wat hulle moontlik nog nie gehoor het nie, maar ook ou bekende en wonderlike operatreffers vir diegene wat nuwer tot opera is. Jos\u00e9 Dias het die program saamgestel en is \u2019n ongelooflike musikale regisseur. Die program is energiek, treffend en daar is nie \u2019n dooie oomblik nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy s\u00ea feesgangers kan nie die ATKV-Galakonsert misloop nie. \u201cDit is elke jaar \u2019n showstopper. Net om hierdie fenomenale soliste te hoor is \u2019n eer. Conroy en Lukhanyo is terug in Suid-Afrika na groot internasionale loopbane en dit is wonderlik om kunstenaars van hierdie kaliber op ons drumpel te h\u00ea. Die sang is van ongelooflike ho\u00eb gehalte.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Minnaar is welbekend onder Klassique se gehore en was verskeie kere self by di\u00e9 fees op die verhoog. \u201cKlein Karoo Klassique is een van die belangrikste klassieke feeste in die land en ek wens daar was meer soortgelyke feeste. Oor die afgelope paar jaar was dit elke keer vir my \u2019n groot eer om hier op te tree, omdat dit amper soos \u2019n boetiekfees is met keurige keuses van kunstenaars. Dis \u2019n fantastiese plek vir gehore \u2013 dis meer intiem en daar is baie lekker restaurante. Elke keer is \u2019n absolute fantastiese ervaring,\u201d sluit sy af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof van kultuur by die ATKV, wat reeds sedert 2010 by Klein Karoo Klassique betrokke is, s\u00ea die ATKV heg groot waarde aan strategiese vennootskappe wat tot klassieke musiek en musici se voordeel dink, bel\u00ea, werk en droom. \u201cDit is die ATKV se missie om proaktief en op \u2019n volhoubare wyse om te sien na die diverse kunsbehoeftes van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en Klein Karoo Klassique bied die ideale platform hiervoor. Die hoofdoel van di\u00e9 vennootskap is om klassieke musiek en die uitvoerende kunste in Suid-Afrika te ondersteun. Klassique is \u2019n uitstekende geleentheid waar die ATKV en strategiese vennote klassieke musiek op \u2019n trots Suid-Afrikaanse manier kan vier.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens hom is daar \u2019n diep behoefte by meeste Suid-Afrikaners vir geleenthede soos Klassique, wat die siel aanraak en mense se lewens kan verander. \u201cEk kan nie dink aan \u2019n beter plek as die Klein Karoo om jou siel te voed nie.\u201d Vir hom is die hoogtepunte op vanjaar se program ongetwyfeld \u2019n Karoonag met die Suid-Kaap Kinderkoor en vriende, omdat jongmense en koorsang hom baie na aan die hart l\u00ea. \u201cDie ATKV-Galakonsert met Kaapstad Opera gaan ook \u2019n besondere ervaring wees,\u201d sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Scheepers, die 2023 Jong Kunstenaar van Kaapstad Opera se Judith Neilson-program, het gehore verlede jaar by Klassique bekoor en stem met Lemmer saam dat vanjaar se ATKV-Galakonsert beslis \u2019n hoogtepunt gaan wees. \u201cDi\u00e9 konsert is alles wat gehore van \u2019n Galakonsert verwag en \u2019n samevatting van die gees van die fees.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir haar is Klassique baie spesiaal, omdat dit in \u2019n Afrikaanse omgewing aangebied word en Afrikaans haar na aan die hart l\u00ea. \u201cDit maak die fees baie uniek en laat my as Afrikaanse kunstenaar ook baie tuis voel om in Afrikaans met gehore te kan gesels en fees te vier. Afrikaanse kunstenaars en gaskunstenaars wat nie noodwendig Afrikaans is nie, kan almal die mooi van Afrikaans hier geniet.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oor die Judith Neilson-program s\u00ea sy: \u201cEk leer ongelooflik baie en die program bied baie praktiese, professionele ervaring. Jy leer \u2019n rol, tree op as \u2019n rol en gaan deur die hele proses van die uitvoering van die rol: die teaterkuns, die verhoogkuns en die kostuums. Dit is iets wat jy nie op universiteit leer nie. Verder stel die program kunstenaars bloot aan die publiek en bied \u2019n geleentheid om saam met van die beste musikante in die land te werk.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Scheepers en Smith deel ook op Vrydag 4 Augustus om 19:00 die verhoog met die Suid-Kaap Kinderkoor en Coenie de Villiers in <strong><em>\u2019n Karoonag met die Suid-Kaap Kinderkoor en vriende<\/em><\/strong>. Hulle sing onderskeidelik Le Roux Marais se \u201cHeimwee\u201d en Mozart se \u201cLaudate Dominum\u201d saam met die koor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Klein Karoo Klassique word van <strong><em>Donderdag 3 tot Sondag 6 Augustus<\/em><\/strong> deur die KKNK op Oudtshoorn aangebied, ondersteun deur die Rupert-Musiekstigting en ATKV.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kaartjies is beskikbaar by Webtickets, Pick n Pay, of die KKNK-kantoor. Kaartjies word ook voor elke optrede by die deur verkoop, onderhewig aan beskikbaarheid. \u2019n Eksklusiewe Klassique-pakket bied toegang tot nege uitvoerings teen \u2019n totale besparing van 30%. Klassique-pakkethouers kry ook 30% afslag op hul feesverblyf in die Queen\u2019s Hotel, onderhewig aan beskikbaarheid. Vir ander verblyfopsies in en om Oudtshoorn kan feesgangers ook Klassique se verblyfvennoot LekkeSlaap besoek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-color wp-block-paragraph\" style=\"color:#626262\"><strong>Foto\u2019s aangeheg<\/strong><br>Tenoor Lukhanyo Moyake en sopraan Alida Scheepers van Kaapstad Opera is tydens vanjaar se Klein Karoo Klassique in die ATKV-Galakonsert te sien.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee wenners van 2023 Fleur du Cap-pryse, \u2019n Judith Neilson Jong Kunstenaar, veelbekroonde musici in beide internasionale en plaaslike kompetisies en \u2019n energieke operaprogram noukeurig saamgestel. D\u00edt is wat die gehoor by die ATKV-Galakonsert met Kaapstad Opera op Saterdag 5 Augustus tydens die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn kan verwag. Vier Kaapstad Opera-soliste sorg [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":803,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-805","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/805","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=805"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/805\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":808,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/805\/revisions\/808"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=805"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=805"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=805"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}