{"id":840,"date":"2023-07-20T14:25:34","date_gmt":"2023-07-20T14:25:34","guid":{"rendered":"https:\/\/klassique.co.za\/?p=840"},"modified":"2026-06-03T11:32:58","modified_gmt":"2026-06-03T09:32:58","slug":"ervaar-meer-as-klassieke-musiek-by-klassique","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/nuus\/ervaar-meer-as-klassieke-musiek-by-klassique\/","title":{"rendered":"Ervaar meer as klassieke musiek by Klassique"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Feesgangers kan uitsien na \u2019n bekoring van die sintuie met meer as klassieke musiek by die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar se feesprogram, aangebied in die Klein Karoo van <strong>Donderdag 3 tot Sondag 6 Augustus<\/strong>, vervleg \u2019n reeks ervarings met musiek deur van Suid-Afrika se voorste klassieke musici, wat nie net geleenthede bied om die kunstenaars te leer ken nie, maar ook boekgesprekke, kunsuitstallings, \u2019n historiese wandeltoer en heerlike kos- en wynervarings insluit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Klassique word in die middel van Oudtshoorn aangebied, met meeste feestelikhede wat in die Burgersentrum en bo in die Banketsaal plaasvind. Ses musiekuitvoerings word gevolg deur gesprekke met kunstenaars, waaraan feesgangers kan deelneem en wat heelwat stof tot nadenke bied, wanneer kunstenaars insig oor die nuanses van die musiek deel.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Coenie-Lynelle-1024x355.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-865\" width=\"1183\" height=\"410\" srcset=\"https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Coenie-Lynelle-1024x355.png 1024w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Coenie-Lynelle-300x104.png 300w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Coenie-Lynelle-768x266.png 768w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Coenie-Lynelle.png 1441w\" sizes=\"(max-width: 1183px) 100vw, 1183px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eerste drie<strong> <\/strong><strong>music discussions<\/strong> word gelei deur legendariese Suid-Afrikaanse kunstenaar <strong>Coenie de Villiers<\/strong> as fasiliteerder. Louisa Theart (fluit) en Nina Schumann (klavier) is eerste aan die beurt na afloop van hulle uitvoering <strong><em>Aquila Duo: Echoes of Arcadia <\/em><\/strong>(Vrydag 4 Aug. 10:30). Vrydagmiddag is Theart saam met Dylan Tabisher (marimba &amp; vibrafoon) op die verhoog in <strong><em>Mizar Duo<\/em><\/strong> (14:00) gevolg deur \u2019n gesprek. Saterdag na afloop van <strong><em>Harmony of Serenity: Arvo P\u00e4rt\u2019s Musical Meditations<\/em><\/strong> (5 Aug. 10:30) gesels pianis Megan-Geoffrey Prins, tjellis Peter Martens en violis Suzanne Martens oor die musiek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Saterdagmiddag neem die immergewilde <strong>Lynelle Kenned<\/strong> oor as fasiliteerder. Na afloop van <strong><em>Sublime Sextets<\/em><\/strong> (5 Aug. 14:00) sluit Suzanne Martens (viool), Matthew Stead (viool), Petrus Coetzee (altviool), Jana Smit (altviool), Peter Martens (tjello), Rosamund Ender (tjello), F\u00e8roll-Jon Davids (klarinet), Shannon Thebus (Franse horing) &amp; Schumann (klavier) by haar aan om oor hulle musiek te gesels. Die twee uitvoerings op Sondag 6 Augustus word beide gevolg deur \u2019n musiekgesprek. Dit sluit in <strong><em>Take Four Piano Quartet<\/em><\/strong> (10:30) met Zanta Hofmeyr (viool), Susan Mouton (tjello), Elna van der Merwe (klavier) en Jeanne-Louise Moolman (altviool) en die laaste musiekgesprek van die fees na afloop van <strong><em>Handel\u2019s Roman Cantatas<\/em><\/strong> (14:00) met Kenned (sopraan), Hlengiwe Mkhwanazi (sopraan), Ralitza Macheva (barokviool), Rosamund Ender (baroktjello &amp; viola da gamba), Dale de Windt (kamerorrel) en Erik Dippenaar (klavesimbel &amp; musikale leier).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is drie geleenthede om oor literatuur met skrywers te gesels, moontlik gemaak deur NB Uitgewers. Gevierde skrywer <strong>Tom Dreyer<\/strong> praat oor sy debuutbundel <strong><em>Nou in infrarooi<\/em><\/strong> (4 Aug. 12:30), <strong>Wisani Mushwana<\/strong> deel insig oor sy eerste roman <strong><em>A Soft Landing<\/em><\/strong> (5 Aug. 12:30) en <strong>Nicole Jaekel Strauss<\/strong> sluit die program af met \u2019n oorsig van haar roman, <strong><em>Deelfontein<\/em><\/strong>. Boekjoernalis Elna van der Merwe is die fasiliteerder. Hierdie en ander boeke is ook te koop by die Boekeparadys, waar feesgangers kan kies uit \u2019n reeks boeke en aandenkings, met verskeie winskope.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Boekstories-1024x355.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-866\" width=\"1183\" height=\"410\" srcset=\"https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Boekstories-1024x355.png 1024w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Boekstories-300x104.png 300w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Boekstories-768x266.png 768w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Boekstories.png 1441w\" sizes=\"(max-width: 1183px) 100vw, 1183px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Visuele kunstenaars uit die Klein Karoo stal hulle werke uit as deel van die fees se saamgestelde visuele kunsuitstalling getiteld <strong><em>Earth has Music for those who Listen<\/em><\/strong>. Plaaslike kunstenaar <strong>Janet Dixon<\/strong> is die kurator van di\u00e9 viering van die komplekse verhouding tussen natuur en musiek, vanuit \u2019n Klein Karoo-perspektief. Kunswerke van gevestigde en opkomende kunstenaars uit die Klein Karoo word uitgestal, waaronder <strong>Liza Grobler<\/strong>, <strong>Hermann Niebuhr<\/strong>, <strong>Fran\u00e7ois Tiran<\/strong>, <strong>Ina Marx<\/strong>, <strong>Lisl Barry<\/strong> en ander. Alle kunswerke wat in die Banketsaal uitgestal word is te koop en feesgangers kan Vrydag- en Saterdagmiddag om 16:00 by Dixon aansluit vir \u2019n rondleiding.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Thorny Creek Brewery, \u2019n plaaslike boetiekbierbrouery, bied daagliks om 12:30 \u2019n <strong><em>Craft Beer &amp; Cheese Pairing<\/em><\/strong> aan, waar produkte van di\u00e9 brouery in die hartjie van die Klein Karoo saam met \u2019n unieke kaas-pasmaat geproe kan word. Hulle bied ook \u2019n inleiding tot <strong><em>Brewer\u2019s Spent Grain<\/em><\/strong> aan, as \u2019n funksionele bestanddeel in kookkuns, \u2019n fassinerende samewerking tussen brouery en volhoubaarheid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Feeservaring is nie voltooi sonder heerlike eetgoed nie en Klassique se feesrestaurant, bedryf deur Nostalgie, bied daagliks heerlike ontbyt, middagete en aandete aan. Verskeie wyne en plaaslik geroosterde koffie is ook beskikbaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar word daar vir die eerste keer tydens Klassique <strong><em>Historiese wandeltoere<\/em><\/strong> deur Roydin Engelbrecht van RJ Tours aangebied. Hierdie gemaklike staptoer besoek belangrike argitektoniese geboue op Oudtshoorn. Een hiervan is die N.G. Moederkerk, waar bouwerk in 1860 begin het en in 1879 voltooi is.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Ervarings-Kuns-1024x355.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-867\" width=\"1182\" height=\"410\" srcset=\"https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Ervarings-Kuns-1024x355.png 1024w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Ervarings-Kuns-300x104.png 300w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Ervarings-Kuns-768x266.png 768w, https:\/\/www.klassique.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/Ervarings-Kuns.png 1441w\" sizes=\"(max-width: 1182px) 100vw, 1182px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Klein Karoo Klassique word aangebied deur die KKNK, moontlik gemaak deur die Rupert-Musiekstigting en die ATKV, met addisionele ondersteuning van Le Lude, Rosenhof Country House en die Oudtshoorn-munisipaliteit. Die fees se verblyfborge is Hlangana Lodge, Kleinplaas Holiday Resort, Protea Hotel Riempie Estate, Queen\u2019s Hotel by Bon Hotels, Ravenscliff Manor, Turnberry Boutique Hotel en Wildehondekloof Game Reserve.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die volledige feesprogram is beskikbaar by klassique.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets, Pick n Pay, of die KKNK-kantoor. Kaartjies word ook voor elke optrede by die deur verkoop, onderhewig aan beskikbaarheid. \u2019n Eksklusiewe <strong>Klassique Package<\/strong> bied toegang tot nege uitvoerings <strong>teen \u2019n totale besparing van 30%<\/strong>. Klassique-pakkethouers kry ook 30% afslag op hul feesverblyf in die Queen\u2019s Hotel, onderhewig aan beskikbaarheid. Vir ander verblyfopsies in en om Oudtshoorn kan feesgangers ook Klassique se verblyfvennoot LekkeSlaap besoek.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Feesgangers kan uitsien na \u2019n bekoring van die sintuie met meer as klassieke musiek by die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Vanjaar se feesprogram, aangebied in die Klein Karoo van Donderdag 3 tot Sondag 6 Augustus, vervleg \u2019n reeks ervarings met musiek deur van Suid-Afrika se voorste klassieke musici, wat nie net geleenthede bied [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":707,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-840","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/840","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=840"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/840\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":870,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/840\/revisions\/870"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=840"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=840"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.klassique.co.za\/eng\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=840"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}