Ensemble Masana is in Junie 2023 deur Mareli Stolp (klavier), Rikus Coetsee (saksofoon) en Handri Loots (fluit) gestig. Dié trio se lede is elkeen gesoute kamermusikante wat gereeld regoor Suid-Afrika en in die buiteland optree en nou ’n gesamentlike musikale reis as Masana, die Tsonga woord vir “sonskyn”, begin het. Hulle bied ’n uiteenlopende program van musiek deur internasionale en Suid-Afrikaanse komponiste aan, wat die wye verskeidenheid moontlikhede vir al drie instrumente in duo- en trio-formaat tentoonstel. Die uitvoering word gevolg deur ’n gratis musiekgesprek met die kunstenaars bo in die Banketsaal.
© Hans van der Veen