Gesels saam met Charl du Plessis

Die immergewilde Steinway-pianis Charl du Plessis is vanjaar se gasheer by Klein Karoo Klassique. Sluit by hom aan wanneer hy in gesprek tree met kunstenaars na afloop van uitgesoekte uitvoerings.
Facebook
Twitter
LinkedIn

Die immergewilde Steinway-pianis Charl du Plessis is vanjaar se gasheer by Klein Karoo Klassique. Sluit by hom aan wanneer hy in gesprek tree met kunstenaars na afloop van uitgesoekte uitvoerings. Dit is nie net die perfekte geleentheid om meer oor die musiek wat op die verhoog uitgevoer word te leer nie, maar ook om in gesprek te tree met verskeie van Suid-Afrika se voorste klassieke musici.

Daar is ook twee geleenthede om vir Charl op die verhoog te sien: Op Saterdag 10 Augustus saam met Nina Schumann, Megan-Geoffrey Prins en Esthea Kruger in Sometimes it takes two en Bach, Brahms & Bolling op Sondag 11 Augustus wanneer die Charl du Plessis-trio die verhoog met die befaamde tjellis, Peter Martens deel.

Ses musiekgesprekke word gratis aangebied en vind meestal bo in die Banketsaal plaas. Die musiekgesprek na afloop van Triumph of Sound, word in die NGK Park aangebied.

Hier is die skedule vir die gratis musiekgesprekke:

  • Vrydag 9 Augustus 14:00: Musiekgesprek na afloop van Ensemble Masana in die Banketsaal
  • Saterdag 10 Augustus 10:30: Musiekgesprek na afloop van Odeion Strykkwartet in die Banketsaal
  • Saterdag 10 Augustus 17:30: Musiekgesprek na afloop van Triumph of Sound in die NGK Park