In Lig op die horison het die bekroonde Suid-Kaap Kinderkoor, onder leiding van Jan-Erik Swart, vir die eerste keer kragte saamgespan met die gewilde Joshua na die Reën vir ’n onvergeetlike musikale reis. Gehore by Klein Karoo Klassique is welbekend met die Suid-Kaap Kinderkoor, wat reeds in uitverkoopte uitvoerings by dié fees te sien was. Joshua na die Reën was vir die eerste keer by Klassique op die verhoog en hierdie uitvoering was ’n hoogtepunt op die feesprogram.
Foto’s geneem deur Hans van der Veen