Music from the Silk Road for Cello and Piano

Berthine van Schoor en Megan-Geoffrey Prins neem die gehoor op ’n eksotiese en verbeeldingryke reis deur verskeie lande van die antieke Sjinese syroete.
Facebook
Twitter
LinkedIn

Berthine van Schoor en Megan-Geoffrey Prins neem die gehoor op ’n eksotiese en verbeeldingryke reis deur verskeie lande van die antieke Sjinese syroete: Ryk in kleur, tekstuur en styl – soos ’n komplekse geweefde towertapyt, wat eindig met ’n lewendige en jazzagtige sonate deur die bekroonde Turkse pianis, Fazil Say. Die Sjinese syroete het in Noord-Sentraal Sjina begin. ’n Karavaanspoor het weswaarts gestrek langs die Groot Sjinese Muur, oor die Pamir-berge, deur Afghanistan en tot in die Levant en Anatolië. Sommige van die roetes het deur Persië, Indië en oor die Kaukasus-berge gegaan, met ’n lengte van ongeveer 6 400 km. Sluit aan by die kunstenaars terwyl hulle van Sjina na Sentraal-Asië, Indië, Persië, Georgië, Armenië en Turkye reis. Die uitvoering word gevolg deur ’n gratis musiekgesprek met die kunstenaars bo in die Banketsaal.

© Hans van der Veen