Afrika-koffie vs. Afrika-droëwors

9 Augustus • 08:00
(70 min.)
R250
Beans Café (Kerkstraat)

Sluit aan by Oudtshoorn se eie koffiemeester Johan Breunissen vir ’n ontdekkingsreis van koffie in Afrika. Deelnemers proe unieke koffie uit Afrika, elk met die perfekte pasmaat van droëwors – insluitend gemsbok, volstruis en vlakvark. Leer meer oor die voorbereiding en roosterproses van koffie, met historiese staaltjies en koffieprosesse wat ook ingesluit word – onder andere die ontdekking van koffie deur bokke wat glo gedans het nadat hulle die bone geëet het. Moenie hierdie unieke ervaring misloop nie – dit beloof om jou waardering vir die kuns van koffie- en droëworsmaak te verdiep. Die kaartjieprys sluit ’n klein pakkie Afrika-koffie en droëworshappies in.

AANGEBIED DEUR Barista Johan Breunissen van Beans About Coffee Oudtshoorn
Het jy al gekyk na:
Nonhlanhla Yende (mezzosopraan), Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas), Peter Auret (tromme) en die Kaapstadse Feeskamerorkes, onder leiding van Richard Cock, bring musiek van Beethoven, Mozart, Vivaldi en Bach na die verhoog.

9 Augustus • 19:30

Zorada Temmingh (orrel) speel werke van gewilde orrelkomponiste, waaronder Johann Pachelbel en Léon Boëllmann, asook van haar eie komposisies en improvisasies op kerkliedere, gevolg deur ’n gratis musiekgesprek in die NGK Park.

9 Augustus • 16:30

Nina Schumann (klavier), Megan-Geoffrey Prins (klavier), José Dias (klavier) en Charl du Plessis (klavier) speel werke van Rachmaninoff, Schubert en selfs verrassende klanke van John Lennon – ’n simbiose van klassieke tradisie en moderne klank vir ’n onvergeetlike klavier-ekstravaganza.

8 Augustus • 19:30