Bach, Brahms & Bolling

Met Peter Martens (tjello), Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Peter Auret (tromme)

Die Franse jazz-pianis Claude Bolling het die musikale landskap verander met werke waar klassieke musikante jazz ook kon speel. Sy werke het onmiddellik gunstelinge geword en die Suite vir tjello en jazz-trio kombineer style soos swing en blues. Brahms se Tjello sonate in E-mineur word in sy oorspronklike formaat gehoor, asook Bach se solo Suite vir cello no. 2 met ’n twist. Hierdie werk word getransformeer deur die Charl du Plessis-trio met die toevoeging van ’n jazz-klanklandskap. ’n Ware eklektiese vermenging van jazz en klassieke klanke in ’n nuwe crossover kombinasie vir die connoisseur van musiek.

11 Augustus 2024 • 16:00
(80 min.)
R160 • R150 (Vriende van die KKNK)
Ingesluit in die Klassique-pakket
Burgersentrum
Het jy al gekyk na:

9 Augustus 2024 • 19:00

10 Augustus 2024 • 19:00

10 Augustus 2024 • 16:30