Die Onsigbare – PJO Jonker 

8 Augustus • 16:00
(45 min.)
Gratis
Banketsaal

MET PJO Jonker GESPREKSLEIER Marliza van den Berg

Jan-Dawid (Jada) Olivier word van kleins af toegelaat om sy kop te volg op die familieplaas genaamd Erfdeel in die Klein Karoo, dig teenaan die Swartberge. Hy het ’n sagte hart en ontferm hom maklik oor mens én dier. Wanneer sy ouers verongeluk, erf hy op jong ouderdom die plaas. Die huishulp Anys word soos ’n moeder vir hom, staan hom lojaal in alles by. Hy probeer aanvanklik sy pa se boerstyl navolg, word selfs op ’n keer as Jongboer van die Jaar aangewys, maar mettertyd vestig hy die Born Free-handelsmerk wat fokus op medisinale kruie. Dinge begin skeefloop … en wanneer hy op ’n dag met die bewustelose, gebroke liggaam van ’n geheimsinnige vrou opdaag, sluit hy die ketting van die plaashek en raak ’n gevangene van sy besluit.

Moontlik gemaak deur NB Uitgewers
Het jy al gekyk na:
Nonhlanhla Yende (mezzosopraan), Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas), Peter Auret (tromme) en die Kaapstadse Feeskamerorkes, onder leiding van Richard Cock, bring musiek van Beethoven, Mozart, Vivaldi en Bach na die verhoog.

9 Augustus • 19:30

Zorada Temmingh (orrel) speel werke van gewilde orrelkomponiste, waaronder Johann Pachelbel en Léon Boëllmann, asook van haar eie komposisies en improvisasies op kerkliedere, gevolg deur ’n gratis musiekgesprek in die NGK Park.

9 Augustus • 16:30

Nina Schumann (klavier), Megan-Geoffrey Prins (klavier), José Dias (klavier) en Charl du Plessis (klavier) speel werke van Rachmaninoff, Schubert en selfs verrassende klanke van John Lennon – ’n simbiose van klassieke tradisie en moderne klank vir ’n onvergeetlike klavier-ekstravaganza.

8 Augustus • 19:30