Little Maestros: Classical Concerts for Families

8 Augustus • 12:30
9 Augustus • 12:30
(45 min.)
Gratis
Banketsaal

MET Jana van der Walt (harp) en Magdalene Minnaar (viool & aanbieder)

Die Little Maestros-konsertreeks is terug en dié keer leer ken ons die harp! Klassieke musiek is ’n sterk ontwikkelingshulpmiddel vir jong kinders, aangesien dit breinontwikkeling ondersteun en konsentrasie bevorder. Hierdie konsert, spesiaal ontwerp vir ons jongste luisteraars, bied ’n ontspanne omgewing waar klein oortjies die musiek van Mozart, Bach en ander geliefde klassieke komponiste kan verken. Hierdie interaktiewe uitvoerings is saamgestel met kinders ingedagte en sluit hope interaksie en verduidelikings, asook deelname en beweging saam met die musiek in. Die konserte word in ’n piekniek-styl aangebied en die hele familie is welkom!

Het jy al gekyk na:
Nonhlanhla Yende (mezzosopraan), Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas), Peter Auret (tromme) en die Kaapstadse Feeskamerorkes, onder leiding van Richard Cock, bring musiek van Beethoven, Mozart, Vivaldi en Bach na die verhoog.

9 Augustus • 19:30

Zorada Temmingh (orrel) speel werke van gewilde orrelkomponiste, waaronder Johann Pachelbel en Léon Boëllmann, asook van haar eie komposisies en improvisasies op kerkliedere, gevolg deur ’n gratis musiekgesprek in die NGK Park.

9 Augustus • 16:30

Nina Schumann (klavier), Megan-Geoffrey Prins (klavier), José Dias (klavier) en Charl du Plessis (klavier) speel werke van Rachmaninoff, Schubert en selfs verrassende klanke van John Lennon – ’n simbiose van klassieke tradisie en moderne klank vir ’n onvergeetlike klavier-ekstravaganza.

8 Augustus • 19:30