Odeion Strykkwartet: Ode aan 30 jaar van demokrasie en 15 jaar van Klassique

Met Samantha Durrant (viool), Sharon de Kock (viool), Jeanne Louise Moolman (altviool) en Anmari van der Westhuizen (tjello)

Sluit aan by die Odeion Strykkwartet vir ’n musikale reis wat verskeie dimensies van demokrasie, kulturele samelewing en musikale erfenis ondersoek. Dié uitvoering bied ’n ryk palet van klankervarings, sorgvuldig saamgestel om die afgelope 30 jaar van demokrasie in Suid-Afrika en 15 jaar van Klein Karoo Klassique op ’n betekenisvolle wyse te weerspieël. Diverse musiekwerke soos “Komeng” van Mokale Koapeng, “Song of the African Spirits” van Stefans Grové en “String Quartet op. 76 no. 3”, algemeen bekend as die “Keiser-kwartet” deur Joseph Haydn word ingesluit. Die uitvoering word gevolg deur ’n gratis musiekgesprek met die kunstenaars bo in die Banketsaal.

10 Augustus 2024 • 09:30
(60 min.)
R160 • R150 (Vriende van die KKNK)
Ingesluit in die Klassique-pakket
Burgersentrum
Het jy al gekyk na:

9 Augustus 2024 • 19:00

10 Augustus 2024 • 19:00

10 Augustus 2024 • 16:30