MET Marlene Vlok (klavier)
Begin jou feesdag met ’n Ontbytkonsert – waar klassieke musiek en ’n heerlike ontbytspyskaart byeenkom. Hierdie gratis konserte word elke oggend tydens die fees aangebied en bied die perfekte kombinasie van inspirerende musiek en ’n ontspanne atmosfeer. Of jy nou ’n liefhebber van klassieke musiek is of net jou dag rustig wil begin, daar’s iets op die ontbytspyskaart (én in die program) vir elke smaak. Toegang is gratis – kom uitgehonger vir goeie musiek en heerlike kos!