Patmos – Willem Anker 

10 Augustus • 11:00
(45 min. )
Gratis
Banketsaal

MET Willem Anker GESPREKSLEIER Elna van der Merwe

Pas ná die neerstort van ’n meteoriet op ’n plattelandse dorpie, kom soek ’n komponis daar inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by ’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige seuntjie praat nie. Die verlede is iets waarvan die astronoom probeer ontsnap. Die komponis het ’n toekoms wat hy nie in die gesig wil staar nie. Maar in die onmoontlike “nou” ontstaan ’n aarselende verhouding tussen dié twee beskadigdes: wentel hulle om mekaar met kragte wat tot vernietiging óf vernuwing kan lei. Patmos is ’n evokatiewe, veelvlakkige novelle gegrond op Willem Anker se gelyknamige toneelstuk.

Moontlik gemaak deur NB Uitgewers
Het jy al gekyk na:
Nonhlanhla Yende (mezzosopraan), Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas), Peter Auret (tromme) en die Kaapstadse Feeskamerorkes, onder leiding van Richard Cock, bring musiek van Beethoven, Mozart, Vivaldi en Bach na die verhoog.

9 Augustus • 19:30

Zorada Temmingh (orrel) speel werke van gewilde orrelkomponiste, waaronder Johann Pachelbel en Léon Boëllmann, asook van haar eie komposisies en improvisasies op kerkliedere, gevolg deur ’n gratis musiekgesprek in die NGK Park.

9 Augustus • 16:30

Nina Schumann (klavier), Megan-Geoffrey Prins (klavier), José Dias (klavier) en Charl du Plessis (klavier) speel werke van Rachmaninoff, Schubert en selfs verrassende klanke van John Lennon – ’n simbiose van klassieke tradisie en moderne klank vir ’n onvergeetlike klavier-ekstravaganza.

8 Augustus • 19:30