Sometimes it takes two

Met Nina Schumann (klavier), Esthea Kruger (klavier), Megan-Geoffrey Prins (klavier) en Charl du Plessis (klavier)

Soms is een klavier nie genoeg nie. Voeg nog een by en jy het ’n fees! Van twee pianiste tot vier: Ervaar die ongelooflike samewerking deur vier van Suid-Afrika se voorste pianiste wanneer hulle 40 vingers op twee vleuelklaviere loslaat met hul klassieke bemeestering. Moenie hierdie baie spesiale klavieruitvoering misloop nie, gevolg deur ’n gratis musiekgesprek met die kunstenaars bo in die Banketsaal.

10 Augustus 2024 • 13:00
(60 min.)
R160 • R150 (Vriende van die KKNK)
Ingesluit in die Klassique-pakket
Burgersentrum
Het jy al gekyk na:

9 Augustus 2024 • 19:00

10 Augustus 2024 • 19:00

10 Augustus 2024 • 16:30