MET Liesl Stoltz (fluit), Rosamund Roth (tjello) en José Dias (klavier)
Ervaar ’n oggend van verfynde kunstigheid met Trio du Cap Classique se energieke program by Klein Karoo Klassique. Van die klassieke helderheid van Mozart, tot die atmosferiese impressionisme van Eugene Goossens en ’n romantiese juweel deur Louise Farrenc – beloof hierdie uitvoering om ’n verrykende en gevarieerde musiekreis te wees. Hoogtepunte op die program sluit in Mozart se Klaviertrio in B-majeur, K. 502; Goossens se Five Impressions of a Holiday en Farrenc se Trio vir fluit, tjello en klavier in E-mineur, Op. 45. Die uitvoering word gevolg deur ’n gratis musiekgesprek met die kunstenaars bo in die Banketsaal.