Zorada se katedraal en kaperjol

9 Augustus • 16:30
(60 min.)
R180 (by die deur) • R170 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK)
Ingesluit in die Klassique-pakket
NGK Park

MET Zorada Temmingh (orrel)

Zorada Temmingh word beskou as een van Suid-Afrika se voorste orrel-improvisators, veral vir haar innoverende klankbaan-improvisasies vir stomfilms. Sy is vir die eerste keer sedert 2009 terug op die verhoog by Klein Karoo Klassique en speel musiek wat wissel van waardige katedraalmusiek tot verbeeldingryke geïmproviseerde musiek. Werke van gewilde orrelkomponiste, waaronder Johann Pachelbel en Léon Boëllmann, word ingesluit, asook van haar eie komposisies en improvisasies op kerkliedere. Die kleur- en kragmoontlikhede van die orrel word deeglik uitgedaag. Sy is in 2006 deur die KKNK met ’n spesiale Kanna vereer vir haar grensverskuiwende bydrae tot klassieke musiek. Die uitvoering word gevolg deur ’n gratis musiekgesprek met Zorada in die NGK Park.

Het jy al gekyk na:
Nonhlanhla Yende (mezzosopraan), Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas), Peter Auret (tromme) en die Kaapstadse Feeskamerorkes, onder leiding van Richard Cock, bring musiek van Beethoven, Mozart, Vivaldi en Bach na die verhoog.

9 Augustus • 19:30

Zorada Temmingh (orrel) speel werke van gewilde orrelkomponiste, waaronder Johann Pachelbel en Léon Boëllmann, asook van haar eie komposisies en improvisasies op kerkliedere, gevolg deur ’n gratis musiekgesprek in die NGK Park.

9 Augustus • 16:30

Nina Schumann (klavier), Megan-Geoffrey Prins (klavier), José Dias (klavier) en Charl du Plessis (klavier) speel werke van Rachmaninoff, Schubert en selfs verrassende klanke van John Lennon – ’n simbiose van klassieke tradisie en moderne klank vir ’n onvergeetlike klavier-ekstravaganza.

8 Augustus • 19:30