Twee van Suid-Afrika se voorste klassieke musici, sopraan Magdalene Minnaar en pianis Esthea Kruger, bied ’n nadenkende program van gebede uit die groter repertorium van kunsliedere aan. Hierdie uitsonderlike versameling sluit Ravel se “Kaddisch” en Schubert se “Ave Maria” in, asook werke van onder andere Bach, Fauré, Messiaen en Britten. In die uitdagende tye wat ons tans in die wêreld beleef, bied hierdie uitvoering ’n toevlug vir die siel deur die universele taal van musiek.
© Hans van der Veen