Klassique Koorleierwerksessie

10 Augustus 08:30

Supported by the ATKV

PRESENTED BY André van der Merwe

Koorleiers van die Klein Karoo en Tuinroete word uitgenooi na ’n inspirerende werksessie met een van Suid-Afrika se voorste koorleiers, André van der Merwe. Hierdie gratis sessie, wat ná afloop van Klein Karoo Klassique aangebied word, bied ’n unieke geleentheid om nuwe idees, praktiese vaardighede en vars inspirasie vir jou koor te ontdek.

Of jy nou ’n groot gemeenskapskoor, skoolkoor of kleiner ensemble lei, hierdie werksessie is ontwerp om jou te ondersteun en toe te rus. André deel sy insigte oor die boustene van suksesvolle koorsang, bied praktiese oplossings vir algemene uitdagings wat kore ervaar en gee waardevolle wenke.

André is koorleier van die Stellenbosch Universiteitskoor, wat onder sy leiding verskeie kere deur INTERKULTUR as die beste ter wêreld aangewys is, asook die Stellenberg Meisieskoor en Voces Cordis-koor.

Die werksessie is gratis, maar plekke is beperk. Bespreek so gou moontlik by Lizané Basson: lizane@kunste.org.za of 084 789 1477.

Also consider:
Ease into your festival day with this Breakfast Concert, a free morning concert that combines outstanding piano music with the inviting atmosphere of the Banqueting Hall.

8 August 08:00

Embark on a historical walking tour with RJ Tours and travel back in time to five of Oudtshoorn’s unique churches and other sandstone gems.

7 August 08:00

8 August 08:00

Koorleiers van die Klein Karoo en Tuinroete word uitgenooi na ’n inspirerende werksessie met een van Suid-Afrika se voorste koorleiers, André van der Merwe.

10 Augustus 08:30