Hans Blignaut

Hans Blignaut skilder die mense om ons, herinneringe en die emosies wat ons almal deel. Deur ekspressiewe kwashale en kleur poog hy om oomblikke vas te vang wat stil, eerlik en herkenbaar voel. Vanuit die Klein Karoo skep hy werk wat kykers uitnooi om hul eie betekenis in elke skildery te vind.

R27 900
Acrylic
1 300 x 1 800mm

To buy this artwork:
Contact René Scribante at rene@scribante.com or
083 627 6757

In the Key of Light

Veldmusiek
Die wind lig haar op
soos ’n dirigent sy hand.
Grashalms speel in crescendo,
lig breek oop in majeur,
en elke blom voeg stilweg
sy eie noot by die koor.

Sy hardloop nie deur die veld nie,
sy beweeg deur ’n simfonie
wat lank voor ons begin het,
en nog lank ná ons sal naklink.

Also consider: