Ná die eerste dag van verskeie musikale hoogtepunte by Klein Karoo Klassique, verstaan ’n mens waarom Anna Davel en The Melisizwe Plaatjie Collective vanjaar die KKNK se Kanna-prys vir beste kontemporêre musiek gewen het.
Hulle het die gehoor oorrompel met opwindende oorspronklike komposisies en ook heerlike jazzy-weergawes van ou bekende liedjies soos “Jantjie” en “Die Oukraalliedjie”.
Die perfekte kuur teen die koue.
Foto’s geneem deur Hans van der Veen































