8 tot 10 Augustus 2025

OUDTSHOORN

Agter die musiek:
In gesprek met Charl du Plessis

Kry ná uitgesoekte uitvoerings ’n gratis kykie agter die musiek wanneer ons gasheer, Steinway-kunstenaar Charl du Plessis, in gesprek tree met kunstenaars wat pas op die verhoog te sien was. Sluit bo in die Banketsaal by ons aan vir intieme musiekgesprekke met van Suid-Afrika se voorste klassieke musici – ’n unieke geleentheid om meer te ontdek oor die kunstenaars, hul musiek en die komponiste wat hulle inspireer. Feesgangers kan Charl du Plessis ook in drie uitvoerings beleef.

Klassique-pakket UITVERKOOP

Sien al nege uitvoerings en spaar 20%.
Beperkte aantal beskikbaar.