Honderde leerders van skole regoor die Klein Karoo het die wondere van ’n lewendige simfonieorkes beleef tydens “Inleiding tot die orkes”, aangebied deur lede van die Kaapstad Filharmoniese Orkes onder leiding van maestro Richard Cock.
Postcards het gehore op ’n meesleurende musikale reis geneem en klanklandskappe uit verskillende wêrelddele verken deur die intieme klanke van klarinet, viool, altviool en tjello.
Ná die eerste dag van verskeie musikale hoogtepunte by Klein Karoo Klassique, verstaan ’n mens waarom Anna Davel en The Melisizwe Plaatjie Collective vanjaar die KKNK se Kanna-prys vir beste kontemporêre musiek gewen het.