Maak van jou Klein Karoo Klassique-besoek ’n onvergeetlike langnaweek-wegbreek in die hart van Oudtshoorn. Van bekoorlike gastehuise en boetiekverblyf, tot gerieflike hotelle – daar is ’n verskeidenheid verblyfopsies om aan elke voorkeur te voldoen. Bespreek by enige van ons verblyfvennote by klassique.co.za of kontak die Oudtshoorn Toerismekantoor vir addisionele aanbevelings by 044 279 2532 of via e-pos by enquiries@oudtshoorn.com. Bly ’n bietjie langer, verken die gasvryheid, karakter en bekoring van die Klein Karoo en maak só die meeste van jou feeservaring
Argyll B&B is ’n bekoorlike Skotse-geïnspireerde bed-en-ontbyt op Oudtshoorn. Verblyf word aangebied in ’n keuse van vier elegante gemeubileerde slaapkamers met verskeie bed-opsies. Elke kamer het lugversorging en bied slaapplek vir twee gaste, beskik oor ’n en suite badkamer en het ’n privaat ingang wat na die binnehof lei.
Beit Shalom, voorheen bekend as die Best Little Guesthouse, bied ’n rustige toevlugsoord vir besoekers op soek na gerief en gemak. Hierdie bekoorlike gastehuis is naby aan verskeie plaaslike besienswaardighede. Met groen tuine en ’n seisoenale buite swembad, kan gaste ontspan in ’n kalm atmosfeer terwyl hulle steeds moderne geriewe geniet.
Cul de Sac is nestled between the Swartberg and Outeniqua mountains right in the heart of the Klein Karoo. It is a family-run establishment that has been in the Engelbrecht family for 25 years. Join the team at Cul de Sac Country House where you can relax in a peaceful environment within walking distance of the town centre.
De Zeekoe Guest Farm is a beautiful lucerne farm offering the ideal getaway, perfectly located for those looking for a base from which to explore the area. Various accommodation options are available, from luxury en-suite rooms to self-catering units. A restaurant, walking trails and cycling routes are also on offer.
Voel tuis! Ons bied selfsorg chalets, bed-en-ontbyt en konferensiefasiliteite.
Miles B&B Guest House is a 3-star graded Guest House in Oudtshoorn. True to good South African tradition, they offer a hearty welcome and real South African warmth and hospitality.
Of dit vir ’n konferensie, gesinstyd of ’n idilliese wegbreek is, die Oudtshoorn Inn bied die volle omvang van uitsonderlike gasvryheid met gemak, ontspanning, uitstekende diens en waarde vir geld.
Pictures Boutique Hotel is een van slegs twee vyfster verblyfondernemings op Oudtshoorn en bied ’n intieme kombinasie van luuksheid, gerief en rustigheid. Ervaar persoonlike gasvryheid, ’n stylvolle omgewing en ’n ontspanne atmosfeer in een van die vier kamers met unieke temas. Ontspan langs die glinsterende swembad, geniet ’n heerlike tuisgemaakte ontbyt en beleef die warmte en bekoring van hierdie elegante boetiekbestemming.
Protea Hotel Riempie Estate kombineer plattelandse sjarme met Protea Hotel se uitstaande standaarde, in ’n omgewing wat ’n gevoel van plaas bied, in goed toegeruste grasdakrondawels. Geniet die beste van Oudtshoorn vanuit die gemaklike en pragtige Protea Hotel Riempie Estate.
Die Queen’s Hotel by BON Hotels is die oudste 4-ster hotel in Suid-Afrika en in die middel van Oudtshoorn geleë, binne stapafstand van Klein Karoo Klassique se kern by die Burgersentrum.
Ons Country-kombuis is oop vir ligte middagetes, tee, koffie en skons.
Just 12km from Oudtshoorn, our spacious, air-conditioned rooms feature en-suite bathrooms, elegant country décor, garden views and reliable Wi-Fi – everything for a comfortable stay.
Luuks. Smaakvol. Onvergeetlik. Hlangana Lodge is een van Suid-Afrika se voorste luukse boetiekhotelle, en die ideale keuse vir jou verblyf in die prentjiemooi dorpie Oudtshoorn. Hlangana Lodge was onlangs aangewys as die 3de beste klein hotel in Suid-Afrika en 23ste in Afrika!
Mooiplaas Guest House is ’n luukse vierster-gastehuis in die hartjie van die Klein Karoo – geleë op ’n familieplaas waar daar met volstruise geboer word. Besoek hulle vir ’n onvergeetlike Klein Karoo-ervaring, met uitmuntende verblyf en smullekker geregte.