Inleiding tot die orkes in foto’s

Honderde leerders van skole regoor die Klein Karoo het die wondere van ’n lewendige simfonieorkes beleef tydens “Inleiding tot die orkes”, aangebied deur lede van die Kaapstad Filharmoniese Orkes onder leiding van maestro Richard Cock.
Facebook
Twitter
LinkedIn

Wat ’n inspirerende begin vir Klein Karoo Klassique 2026!

Honderde leerders van skole regoor die Klein Karoo het die wondere van ’n lewendige simfonieorkes beleef tydens “Inleiding tot die orkes”, aangebied deur lede van die Kaapstad Filharmoniese Orkes onder leiding van maestro Richard Cock. Die interaktiewe konsert, wat spesiaal met die ondersteuning van die ATKV en Wes-Kaapse Onderwysdepartement vir graad 4- tot 9-leerders aangebied is, het die jong gehoor op ’n toeganklike manier aan die verskillende instrumente van die orkes bekendgestel deur demonstrasies, bekende musiek en interaktiewe deelname.

Die hoogtepunt? ’n Jong leerder van Oudtshoorn Marco Huyzeras is genooi om self die orkes te dirigeer – ’n oomblik van pure vreugde en inspirasie. Geleenthede soos hierdie doen veel meer as om kinders aan klassieke musiek bekend te stel. Dit maak hulle nuuskierig, ontwikkel kreatiwiteit en herinner ons aan die belangrikheid van kuns- en musiekopvoeding.

Foto’s geneem deur Hans van der Veen