KUNSTENAARS Janet Dixon, Brahm van Zyl, Francois Tiran, Juria le Roux, Yvette Hess, Nelton Willemse, Hilton Jackson, Rudy Lombard, Lize Smith, Phillip Jaftha, Constance Jonkers, Hans Blignaut, Ina Marx, Lisl Barry, Freek Steenberg, Rosa Snyman, René Scribante, Ian Tainton, Kala Combrink, Ester Zonnestein, Gerda Smith, Magda Faul, Tayla Stewart, Tersia Hoffmann, Chantal Gerber, Ruann Coleman, Lida Grobler, Peter Engelbrecht, Hein Botha en Diane Johnson Ackerman KURATOR René Scribante
Die tema is ’n uitdrukking van die verhouding tussen kleur, klassieke musiek, komposisie en emosie. Geïnspireer deur die stilte van die saligheid van die Klein Karoo wat ontwaak met Klein Karoo Klassique, nooi dit die kyker uit om te vra: “Watter musiek hoor jy as jy na die kunswerk kyk?” Die uitstalling konsidereer kleur as kontras deur lig (en donker) as ’n gekomponeerde simfonie met atmosfeer en melodie. Visuele kuns het tempo, ritme, helderheid en spasie wat mens, soos musiek, kan lei deur die emosionele spektrum. Dit nooi die kunstenaar uit om te verken en betrokke te raak met die atmosfeer en emosie van klassieke musiek as invloed en metafoor. Lig in die betekenis van beide helderheid en orkestraal. ’n Gesprek tussen oog en oor.
Daagliks 08:00 tot 20:00
Gratis • Banketsaal en Ou Raadsaal
Kunswerke te koop