Journey of the Soul

10 Augustus • 09:30
(50 min.)
R180 (by die deur) • R170 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK)
Ingesluit in die Klassique-pakket
Burgersentrum

MET Féroll-Jon Davids (klarinet), Rosamund Roth (tjello) en Megan-Geoffrey Prins (klavier)

’n Uitvoering van musiek wat fokus op musikale storievertelling, versterk deur die geheimsinnige elemente van fantasie, vir klarinet, tjello en klavier. Journey of the Soul nooi die gehoor uit om diep in hul verbeelding te delf, terwyl die ensemble ’n verskeidenheid gemoedstemmings, natuurtonele, karakters en ’n spektrum van emosies oordra, wat Schumann, Muczynski en Brahms kundig vir hierdie kombinasie van instrumente geskep het. Met ’n uiteenlopende reeks style wat die tema van fantasie ondersteun, neem hierdie uitvoering luisteraars op ’n reis vir die siel – van dromerige introspeksie tot ritmiese lewenskrag, melancholiese melodieë tot dramatiese tekstuurkontraste, en weelderige harmonieë, wat ons aan ons gedeelde menslikheid herinner.

Het jy al gekyk na:
Nonhlanhla Yende (mezzosopraan), Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas), Peter Auret (tromme) en die Kaapstadse Feeskamerorkes, onder leiding van Richard Cock, bring musiek van Beethoven, Mozart, Vivaldi en Bach na die verhoog.

9 Augustus • 19:30

Zorada Temmingh (orrel) speel werke van gewilde orrelkomponiste, waaronder Johann Pachelbel en Léon Boëllmann, asook van haar eie komposisies en improvisasies op kerkliedere, gevolg deur ’n gratis musiekgesprek in die NGK Park.

9 Augustus • 16:30

Nina Schumann (klavier), Megan-Geoffrey Prins (klavier), José Dias (klavier) en Charl du Plessis (klavier) speel werke van Rachmaninoff, Schubert en selfs verrassende klanke van John Lennon – ’n simbiose van klassieke tradisie en moderne klank vir ’n onvergeetlike klavier-ekstravaganza.

8 Augustus • 19:30