Kos & Wyn

Smake van Klein Karoo Klassique

Uitsonderlike musiek verdien uitsonderlike kos. Ontdek ’n kullinere ervaring in die Banketsaal, waar die Klassique Feesrestaurant, bedryf deur Nostalgie Restaurant, daagliks heerlike etes en soetgoed tydens die fees opdis. Kom geniet die hartlike gasvryheid en geure geïnspireer deur die Klein Karoo – of jy nou ontbyt geniet tussen 08:00 en 11:00, inloer vir middagete tot 17:00, of saam kom kuier vir aandete na ’n middag van musiek. Aandete-opsies sluit die gewilde skep-en-weeg buffet in.

Rond die ervaring af met ’n heerlike koppie koffie van Beans About Coffee Oudtshoorn, geniet ’n glas Cap Classique van Le Lude of een van Alvi’s Drift se heerlike rooi- of witwyne. La Chocolaterie Rococo gaan jou bederf met egte Belgiese sjokolade. Klein Karoo Klassique se musiek, gesprekke, kuns, smulkos en heerlike smake en geure kom hier byeen.

Banketsaal (bo die Burgersentrum) • Daagliks vanaf 08:00 • Gratis toegang

Soveel stories is versteek in ’n bottel wyn. Danie van der Merwe, aanbieder van die gewilde VIA-reeks Die Wynmeester, kuier vir die eerste keer saam met drie talentvolle wynmakers by Klein Karoo Klassique.

7 Augustus 17:00

8 Augustus 16:30

9 Augustus 16:30