MET Charl du Plessis (klavier)
Begin jou feesdag op ’n rustige noot met hierdie Ontbytkonsert, ’n gratis oggendkonsert wat uitstaande klaviermusiek met die gesellige atmosfeer van die Banketsaal kombineer. Hierdie ontspanne uitvoering, bied die ideale geleentheid om wêreldklas klassieke musiek saam met ontbyt, koffie of ’n rustige begin van die dag te geniet. Of jy nou ’n toegewyde musiekliefhebber is, of bloot op soek is na ’n ontspanne manier om jou oggend te begin, beloof hierdie Ontbytkonsert ’n inspirerende afskop vir jou feesdag.