Anna Davel en The Melisizwe Plaatjie Collective

7 Augustus 21:00

MET Anna Davel, Melisizwe Plaatjie, Kerwin Albertus, Henco Bester, Pizzo Magatyana en Caleb Dlamini

Maak gereed om meegevoer te word deur hierdie samewerking tussen twee van Suid-Afrika se betowerendste musikale talente, wat met die KKNK se Kanna vir beste aanbieding: kontemporêre musiek bekroon is. Hierdie is ’n onvergeetlike jazzkonsert wat die ryk tapisserie van plaaslike én wêreldmusiek vier. ’n Lewendige samesmelting van Suid-Afrikaanse jazztradisies en uitsonderlike musiekklanke van oor die wêreld heen word gehoor – van die rokerige klubs van New Orleans tot die ritmiese pols van Latyns-Amerika, van die elegansie van Europese jazz tot die siel van oorspronklike Suid-Afrikaanse vertelling. Met hul unieke stemme en meesterlike talente, belowe Melisizwe en Anna ’n klankreis wat kontinente en kulture oorbrug.

Het jy al gekyk na:
Begin jou feesdag op ’n rustige noot met hierdie Ontbytkonsert, ’n gratis oggendkonsert wat uitstaande klaviermusiek met die gesellige atmosfeer van die Banketsaal kombineer.

8 Augustus 08:00

Vertrek saam met RJ Tours op ’n historiese wandeltoer en reis terug in tyd na vyf van Oudtshoorn se unieke kerke en ander sandsteen-juwele.

7 Augustus 08:00

8 Augustus 08:00

Koorleiers van die Klein Karoo en Tuinroete word uitgenooi na ’n inspirerende werksessie met een van Suid-Afrika se voorste koorleiers, André van der Merwe.

10 Augustus 08:30