MET Universiteitskoor Stellenbosch, onder leiding van André van der Merwe
Die Universiteitskoor Stellenbosch bring hul 90ste bestaansjaar-vieringe na Klein Karoo Klassique en gehore word uitgenooi om ’n program van uitsonderlike koorkuns onder leiding van dirigent André van der Merwe te beleef. Van die betowerende skoonheid van “Sicut Anima Mea”, “Water Night” en “Laat die Wind my Neem”, tot die kleurryke Afrika-gees van “Ndikuthandile” en “Oxamu”, toon hierdie alombekende koor sy merkwaardige veelsydigheid. As een van die wêreld se voorste amateurkore beloof hulle ’n onvergeetlike viering van uitnemendheid, emosie en briljante koormusiek. By die 2025 Europese Koorspele en Grand Prix of Nations in Aarhus, Denemarke, het die Universiteitskoor Stellenbosch topvlak-onderskeiding in drie kategorieë ontvang en drie goue medaljes verower in die afdelings volwasse kore, Musica Sacra a cappella en “Jazz, Pop and Show.”