KUNSTENAARS Janet Dixon, Brahm van Zyl, Francois Tiran, Juria le Roux, Yvette Hess, Nelton Willemse, Hilton Jackson, Rudy Lombard, Lisa Smith, Phillip Jaftha, Constance Jonker, Hanco Blignaut, Ina Marx, Lisl Barry, Freek Steenberg, Rosa Snyman, René Scribante, Ian Taintan, Kala Combrink, Ester Zonnestein, Gerda Smith, Magda Faul, Tayla Stewart, Tersia Hoffmann, Chantal Gerber, Ruann Coleman, Lida Grobler en Peter Engelbrecht KURATOR René Scribante
Die tema is ’n uitdrukking van die verhouding tussen kleur, klassieke musiek, komposisie en emosie. Geïnspireer deur die stilte van die saligheid van die Klein Karoo wat ontwaak met Klein Karoo Klassique, nooi dit die kyker uit om te vra: “Watter musiek hoor jy as jy na die kunswerk kyk?” Die uitstalling konsidereer kleur as kontras deur lig (en donker) as ’n gekomponeerde simfonie met atmosfeer en melodie. Visuele kuns het tempo, ritme, helderheid en spasie wat mens, soos musiek, kan lei deur die emosionele spektrum. Dit nooi die kunstenaar uit om te verken en betrokke te raak met die atmosfeer en emosie van klassieke musiek as invloed en metafoor. Lig in die betekenis van beide helderheid en orkestraal. ’n Gesprek tussen oog en oor. Sluit aan by kurator René Scribante vir ’n rondleiding van die visuele kuns op Sondag 9 Augustus 13:00 in die Banketsaal.