Ingesluit in die Klassique-pakket

7 Augustus 14:00

MET Féroll-Jon Davids (klarinet), Ralitza Macheva (viool), Azra Isaacs (altviool) en Rosamund Roth (tjello)

Geïnspireer deur die verganklikheid van reis, neem Postcards die gehoor op ’n verkenningstog oor kontinente, tydperke en musiekgenres, wat ’n blik met klankdiepte  van kamermusiek vir klarinet en stryktrio bymekaarbring. Met verskeie kombinasies van instrumente, waaronder klarinet en altviool, stryktrio, klarinet en tjello, asook viool en tjello, vier Postcards die gesprekke tussen instrumente deur unieke “musikale poskaarte” vol beeldryke klanklandskappe, atmosfeer en kleur. Die program beweeg moeiteloos tussen briljantheid en intimiteit: van die klassieke elegansie van Bernhard Crusell, die volksmusiek geïnspireerde teksture van Zoltán Kodály en die ryk, uitdrukkingsvolle duoskryfwerk van die Britse komponis Rebecca Clarke, tot Sibelius se Water Droplets. Die reis gaan voort met die nadenkende diepte van die Letse komponis Pēteris Vasks se Castillo Interior en die aangrypende Leaving Africa van die Suid-Afrikaanse komponis, Péter Louis van Dijk. Die uitvoering sluit af met die vurige gees van Astor Piazzolla en Béla Kovács, wat ritmiese energie, spitsvondigheid en virtuose spel na die verhoog bring. Die uitvoering word gevolg deur ’n gratis musiekgesprek met die kunstenaars bo in die Banketsaal.

Het jy al gekyk na:
Begin jou feesdag op ’n rustige noot met hierdie Ontbytkonsert, ’n gratis oggendkonsert wat uitstaande klaviermusiek met die gesellige atmosfeer van die Banketsaal kombineer.

8 Augustus 08:00

Vertrek saam met RJ Tours op ’n historiese wandeltoer en reis terug in tyd na vyf van Oudtshoorn se unieke kerke en ander sandsteen-juwele.

7 Augustus 08:00

8 Augustus 08:00

Koorleiers van die Klein Karoo en Tuinroete word uitgenooi na ’n inspirerende werksessie met een van Suid-Afrika se voorste koorleiers, André van der Merwe.

10 Augustus 08:30