Take Four Piano Quartet

Ingesluit in die Klassique-pakket

8 Augustus 14:00

MET Zanta Hofmeyr (viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool), Susan Mouton (tjello) en Elna van der Merwe (klavier)

Take Four Piano Quartet neem die gehoor op ’n verhewe reis deur van die meesgeliefde werke in die kamermusiekrepertorium. Hierdie vier besondere dames, jarelange vriendinne en virtuose musici, kom in Augustus byeen om Vrouemaand te vier. Op hulle program is Brahms se Klavierkwartet nr. 2 in A majeur, Op. 26 – ’n werk vol verreikende lirisme, hartlikheid en lewenskragtigheid, – asook Schumann se Klavierkwartet in E-mol majeur, Op. 47, bekend vir sy poëtiese skoonheid en warm interaksie tussen die instrumente. Hierdie aangrypende uitvoering is ’n viering van kunstigheid, vriendskap, verbondenheid en die blywende krag van kamermusiek. Die uitvoering word gevolg deur ’n gratis musiekgesprek met die kunstenaars bo in die Banketsaal.

Het jy al gekyk na:
Begin jou feesdag op ’n rustige noot met hierdie Ontbytkonsert, ’n gratis oggendkonsert wat uitstaande klaviermusiek met die gesellige atmosfeer van die Banketsaal kombineer.

8 Augustus 08:00

Vertrek saam met RJ Tours op ’n historiese wandeltoer en reis terug in tyd na vyf van Oudtshoorn se unieke kerke en ander sandsteen-juwele.

7 Augustus 08:00

8 Augustus 08:00

Koorleiers van die Klein Karoo en Tuinroete word uitgenooi na ’n inspirerende werksessie met een van Suid-Afrika se voorste koorleiers, André van der Merwe.

10 Augustus 08:30