Ingesluit in die Klassique-pakket

9 Augustus 14:00

MET tjelliste Peter Martens, Eddie McLean, Rosamund Roth, Matthias Remley-Ender, Dane Coetzee, Ashlin Grobbelaar, Lynne Donson, Marcus Motaung en Siphamandla Moyake (sopraan)

Sedert die ontstaan van die Köln Filharmoniese Tjello-ensemble meer as 50 jaar gelede, het die gewildheid van tjello-ensembles oor dekades wêreldwyd toegeneem. Vandag word die 12 tjelliste van die Berlynse Filharmoniese Orkes as een van die mees hooggeagte kamermusiekensembles in die wêreld beskou. Die Kaapstadse Filharmoniese Tjello-ensemble bring nou ons eie plaaslike weergawe van hierdie wêreldwye verskynsel na die verhoog. Die tjello is die instrument naaste aan die menslike stem en, soos ’n koor, is ’n tjello ensemble ’n veelsydige groep met ’n uitgebreide repertoire wat strek van Barokmeesterwerke tot ikoniese musiek van die silwerdoek. Die uitvoering word gevolg deur ’n gratis musiekgesprek met die kunstenaars bo in die Banketsaal.

Het jy al gekyk na:
Begin jou feesdag op ’n rustige noot met hierdie Ontbytkonsert, ’n gratis oggendkonsert wat uitstaande klaviermusiek met die gesellige atmosfeer van die Banketsaal kombineer.

8 Augustus 08:00

Vertrek saam met RJ Tours op ’n historiese wandeltoer en reis terug in tyd na vyf van Oudtshoorn se unieke kerke en ander sandsteen-juwele.

7 Augustus 08:00

8 Augustus 08:00

Koorleiers van die Klein Karoo en Tuinroete word uitgenooi na ’n inspirerende werksessie met een van Suid-Afrika se voorste koorleiers, André van der Merwe.

10 Augustus 08:30