AANGEBIED DEUR Christo Smit en Carl Coetzer van Te Heerlik
Te Heerlik Tasting Room and Store se klassieke tee-en-smaak-ervaring is terug – dié keer by Klein Karoo Klassique. Ontdek unieke tee, plaaslike smake en ’n vars blik op die wêreld van tee in die hart van Oudtshoorn. Hierdie intieme proe-ervaring sluit vyf verskillende tees en Klein Karoo-pasmaats in.