8 Augustus

Begin jou feesdag op ’n rustige noot met hierdie Ontbytkonsert, ’n gratis oggendkonsert wat uitstaande klaviermusiek met die gesellige atmosfeer van die Banketsaal kombineer.

8 Augustus 08:00

Vertrek saam met RJ Tours op ’n historiese wandeltoer en reis terug in tyd na vyf van Oudtshoorn se unieke kerke en ander sandsteen-juwele.

7 Augustus 08:00

8 Augustus 08:00

Die tema is ’n uitdrukking van die verhouding tussen kleur, klassieke musiek, komposisie en emosie. Geïnspireer deur die stilte van die saligheid van die Klein Karoo wat ontwaak met Klein Karoo Klassique, nooi dit die kyker uit om te vra: “Watter musiek hoor jy as jy na die kunswerk kyk?”

7 Augustus 08:00

8 Augustus 08:00

9 Augustus 08:00

Hierdie boeiende uitvoering strek oor twee eeue van musikale verbeelding en bring ’n ryk verskeidenheid kamermusiekwerke deur van Europa se meeskenmerkende komponiste byeen.

8 Augustus 10:00

Hierdie toer en proe bied ’n warm, vriendelike en leersame ervaring waar deelnemers leer hoe olywe geoes en olyfolie verbou en vervaardig word. Of jy nou ’n fynproewer van olyfolie is of nie – dit is ’n fantastiese toer vir elkeen wat meer van die bekende De Rustica Olive Estate wil sien.

7 Augustus 11:00 en 14:00

8 Augustus 11:00 en 14:00

9 Augustus 11:00

Te Heerlik Tasting Room and Store se klassieke tee-en-smaak-ervaring is terug – dié keer by Klein Karoo Klassique.

7 Augustus 12:30

8 Augustus 12:30

9 Augustus 12:30

From Man to Man word wyd en syd beskou as Olive Schreiner se beste roman. Sy het langer as veertig jaar daaraan gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee en sedertdien was daar ook ander uitgawes, o.m. een deur Dorothy Driver, met ’n voorwoord, uittreksels uit Schreiner se briewe en moontlike alternatiewe eindes vir die roman.

8 Augustus 12:00

Take Four Piano Quartet neem die gehoor op ’n verhewe reis deur van die meesgeliefde werke in die kamermusiekrepertorium. Hierdie vier besondere dames, jarelange vriendinne en virtuose musici, kom in Augustus byeen om Vrouemaand te vier.

8 Augustus 14:00

Soveel stories is versteek in ’n bottel wyn. Danie van der Merwe, aanbieder van die gewilde VIA-reeks Die Wynmeester, kuier vir die eerste keer saam met drie talentvolle wynmakers by Klein Karoo Klassique.

7 Augustus 17:00

8 Augustus 16:30

9 Augustus 16:30

Heimwee is ’n roerende huldeblyk aan die besonderse nalatenskap van Mimi Coertse en vier die stem, kunstenaarskap en kulturele invloed van een van Suid-Afrika se mees geliefde soprane.

8 Augustus 19:00

Hierdie intieme produksie met Spaanse klassieke musiek bring twee meesters in vertolking byeen, wat musikale samewerkings van meer as twee dekades se uitverkoopte optredes deel.

8 Augustus 21:00

Ons is ’n groep vriende van die Tuinroete, wat vreugde vind om saam uit te stal – nooit dieselfde, altyd anders – maar as ’n kollektiewe geheel. Ons gesamentlike liefde vir kuns het ons paaie oor tyd verweef, wat ons laat groei het as vriende- ons doen die lewe saam, op ’n kleurvolle en opregte manier (altyd met goeie koffie in die hand).

7 Augustus 08:00

8 Augustus 08:00

9 Augustus 08:00