Ons is ’n groep vriende van die Tuinroete, wat vreugde vind om saam uit te stal – nooit dieselfde, altyd anders – maar as ’n kollektiewe geheel. Ons gesamentlike liefde vir kuns het ons paaie oor tyd verweef, wat ons laat groei het as vriende- ons doen die lewe saam, op ’n kleurvolle en opregte manier (altyd met goeie koffie in die hand).