9 Augustus

Begin jou feesdag op ’n rustige noot met hierdie Ontbytkonsert, ’n gratis oggendkonsert wat uitstaande klaviermusiek met die gesellige atmosfeer van die Banketsaal kombineer.

9 Augustus 08:00

Die tema is ’n uitdrukking van die verhouding tussen kleur, klassieke musiek, komposisie en emosie. Geïnspireer deur die stilte van die saligheid van die Klein Karoo wat ontwaak met Klein Karoo Klassique, nooi dit die kyker uit om te vra: “Watter musiek hoor jy as jy na die kunswerk kyk?”

7 Augustus 08:00

8 Augustus 08:00

9 Augustus 08:00

Unheard (of) is beide ’n viering, en ’n ontdekkingsreis van werke deur komponiste wat vir etlike jare as onwillekeurige randfigure uit die musiekkanon uitgesluit is.

9 Augustus 10:00

Hierdie toer en proe bied ’n warm, vriendelike en leersame ervaring waar deelnemers leer hoe olywe geoes en olyfolie verbou en vervaardig word. Of jy nou ’n fynproewer van olyfolie is of nie – dit is ’n fantastiese toer vir elkeen wat meer van die bekende De Rustica Olive Estate wil sien.

7 Augustus 11:00 en 14:00

8 Augustus 11:00 en 14:00

9 Augustus 11:00

Speuradjudant Storm van der Merwe en kollega Shirien Niemandt is vroegoggend eerste op die toneel, in ’n eenslaapkamerhuis in Zwelihle digby Hermanus. Op die oog af lyk die bejaarde Gerty Jonas se afsterwe na natuurlike oorsake, maar hoekom het Kai nie by sy ma se lyk gewag nie?

9 Augustus 12:00

Te Heerlik Tasting Room and Store se klassieke tee-en-smaak-ervaring is terug – dié keer by Klein Karoo Klassique.

7 Augustus 12:30

8 Augustus 12:30

9 Augustus 12:30

Sluit aan by kurator René Scribante vir ’n rondleiding van Klein Karoo Klassique se visuele kuns.

9 Augustus 13:00

Sedert die ontstaan van die Köln Filharmoniese Tjello-ensemble meer as 50 jaar gelede, het die gewildheid van tjello-ensembles oor dekades wêreldwyd toegeneem. Vandag word die 12 tjelliste van die Berlynse Filharmoniese Orkes as een van die mees hooggeagte kamermusiekensembles in die wêreld beskou.

9 Augustus 14:00

Soveel stories is versteek in ’n bottel wyn. Danie van der Merwe, aanbieder van die gewilde VIA-reeks Die Wynmeester, kuier vir die eerste keer saam met drie talentvolle wynmakers by Klein Karoo Klassique.

7 Augustus 17:00

8 Augustus 16:30

9 Augustus 16:30

Die Universiteitskoor Stellenbosch bring hul 90ste bestaansjaar-vieringe na Klein Karoo Klassique en gehore word uitgenooi om ’n program van uitsonderlike koorkuns onder leiding van dirigent André van der Merwe te beleef.

9 Augustus 19:00

Ons is ’n groep vriende van die Tuinroete, wat vreugde vind om saam uit te stal – nooit dieselfde, altyd anders – maar as ’n kollektiewe geheel. Ons gesamentlike liefde vir kuns het ons paaie oor tyd verweef, wat ons laat groei het as vriende- ons doen die lewe saam, op ’n kleurvolle en opregte manier (altyd met goeie koffie in die hand).

7 Augustus 08:00

8 Augustus 08:00

9 Augustus 08:00