From Man to Man word wyd en syd beskou as Olive Schreiner se beste roman. Sy het langer as veertig jaar daaraan gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee en sedertdien was daar ook ander uitgawes, o.m. een deur Dorothy Driver, met ’n voorwoord, uittreksels uit Schreiner se briewe en moontlike alternatiewe eindes vir die roman.